Kanada wag nog steeds op Amerikaners wat vlug van Trump

Deel op

Dosyne selfversekerde en luidrugtige Amerikaanse glanspersoonlikhede en politieke figure het belowe om na Kanada te vlug na ‘n Trump oorwinning.

Hul volgelinge het soortgelyke dreigemente op Twitter gemaak in ‘n vlaag van van gedeelde verontwaardiging.

Ongelukkig het nie baie van hulle dit nog deurgevoer nie ten spyte van immigrasie-amptenare in Kanada wat beweer dat aansoeke vir politieke vlugtelingstatus van Amerikaners in November vyfvoudig toegeneem het.

Die toename in aansoekers kom neer op ‘n styging van ongeveer 5 aansoekers tot… slegs 28 siele in November 2016.

Verder, sal nie een van hulle eintlik asiel kry nie. Slegs 2 aansoeke is goedgekeur vir Amerikaners sedert 2010.

CBC het net twee suksesvolle eise vir asiel uit honderde gevalle geliasseer uit die VSA sedert 2010. Daar was geen suksesvolle eis uit die 170 wat geliasseer is in 2015 nie.

Die Kanadese regering blyk onwillig te wees om angsvallige Hillary-ondersteuners as vlugtelinge te verwelkom.

Kanadese asiel word gewoonlik net toegestaan ​​aan diegene wat vlug van oorlog, of doodsdreigemente en dus sal Kanada geneig wees om aansoeke van anti-Trump aktiviste van die hand te wys.

CBC News kon nie amptelik bevestig of enige van die 28 aansoeke geliasseer in November van die grootbekke kom wat voor die verkiesing voor die kameras gaan weeklaag het nie.

Alhoewel Ruth Bader Ginsburg, ‘n Joodse appèlregter, nie Kanada toe wou vlug nie, het sy gesê sy gaan Nieu-Seeland toe uitwyk om weg te kom van Trump. Dié ou gedierte het ook intussen stil geraak.

Nicholas Dorion, ‘n woordvoerder vir die Kanada se grensagenstkap, wou nie kommentaar lewer op die byna nie-bestaande vlugtelingstroom nie, en het net gesê: “vlugtelinge word beskerm onder die Wet op Privaatheid” wat die bekendmaking van enige besonderhede van aansoekers verbied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.