Merkel-beleid het terreuraanval van Berlyn moontlik gemaak

Deel op

Angela Merkel gaan nie ‘n groot politieke aanslag vermy om haar leierskap te sink oor haar ondeurdagte beleid om Duitsland se grense oop te gooi nie.

Die terroris wat onskuldige mense by ‘n Kersmark doodgery het, was ‘n migrant wat danksy Merkel se onbesonnenheid ingelaat is. ‘n AfD-segsman, Marcus Pretzell het gesê Merkel is verantwoordelik vir die slagting.

ISIS het vroeër verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar wat gepleeg is deur ‘n verdagte wat Duitsland as ‘n “asielsoeker” binnegekom het en reeds aan veiligheidsowerhede bekend was. Die terroris was selfs op die VSA se vlugswartlys oor sy kommunikasie met die Islamitiese staat – maar is herhaaldelik deur die Europese owerhede oorgesien en vrygelaat.

Net soos met die massaverkragtings in Keulen met Nuwejaar, hou die elite hulle hulle koppe in die sand en sensureer hulle liewer alle nuus wat Moslems in ‘n negatiewe lig stel en nie polities korrek genoeg na hulle smaak is nie.

Die Duitse federale vervolgingsgesag het ’n beloning van tot €100 000 uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming van Anis Amri (24) kan lei. Hy is die hoofverdagte wat Maandagaand met ‘n vragmotor in ‘n besige Kersmark in Berlyn ingejaag het. Twaalf mense is in die terreuraanval dood en 45 mense is beseer van wie 12 in die hospitaal behandel word, sê die polisie.

Terwyl Duitse beroepspolitici probeer voorgee die aanval het niks met Islam en migrante te make nie, het dit sedertdien bekend geword dat die verdagte reeds aangehou is in verband met terreur en toe sommer weer vrygelaat is.

Amri het Tunisië het Tunisië sewe jaar gelede as ’n onwettige immigrant verlaat en het tronkstraf in Italië uitgedien nadat hy ‘n skool afgebrand het.

Ralf Jäger, ’n minister in die Duitse deelstaat Noord-Rhyn-Wesfale (NRW), sê Amri het blykbaar in Julie verlede jaar in Duitsland aangekom en sy aansoek om asiel is van die hand gewys. Nadat sy asielaansoek van die hand gewys is, moes hy gedeporteer gewees het, maar hy kon glo nie na Tunisië teruggestuur word “sonder dokumente nie”.

Die media kon egter Amri se gesin in Tunisië binne minute opspoor na die nuus van sy inhegtenisname bekend geraak het.

Tunisië het sy dokumente eers ‘n dag na die aanval op die Kersmark deurgestuur, sê Jäger.

Hy het glo verskillende name gebruik en volgens veiligheidsagentskappe was hy in verbinding met ’n Islamitiese netwerk wat lede vir ISIS gewerf het.

Hy het sedert Februarie in Berlyn gewoon, maar was onlangs in NRW, sê Jäger.

Die 25 ton vragmotor, gesteel van ’n Poolse vragvervoermaatskappy, het by die mark in die houthutte waar Kersgeskenke, glühwein en wors verkoop is, ingejaag.

Die Poolse bestuurder van die gekaapte vragmotor is met ‘n enkele kopskoot dood in die kajuit gevind.

DNA-bewyse het bevestig dat Amri in die vragmotor was. Amri se ouers self het aan die New York Times gesê dat Amri ‘n “gewelddadige”, dwelm-kop en moeilikheidmaker was voordat hy onwettig na Europa gemigreer het.

“Hy het vier jaar in die tronk in Italië deurgebring waar hy met ekstremistiese groepe deurmekaar geraak het wat hom gewerf het,” het sy pa bevestig.

Amri het Tunisië in Maart 2011 verlaat tydens die “al Horqa” ‘n golf van onwettige immigrasie kort ná die begin van die Soros-operasie, ‘n reeks beplande Islamitiese rewolusies by name die “Arabiese Lente”. Hy het in Lampedusa, Italië beland en ‘n humanitêre permit is aan hom toegestaan ondanks sy valse verklarings.

Duitse intelligensie was glo bewus van Amri se vergadering met ‘n djihadis in Dortmund en in Duisburg-Rheinhause wat gekoppel is aan talle Islamitiese aanvalle. ‘n Teenterrorisme ondersoeker het Bild gesê dat Amri ook na bewering probeer het om ‘n pistool te koop van ‘n geheime polisiebeampte.

Hy is ondersoek sedert 14 Maart deur die Duitse aanklaers wat ingelig is deur intelligensiedienste dat Amri ‘n rooftog beplan om geld te kry om ‘n outomatiese wapens te koop “moontlik om ‘n aanval op ‘n later datum met mede-oortreders” te pleeg.

Sy telefoonoproepe is gemonitor, maar in September is die meeluistering beëindig. Duitsland het sy asielaansoek verwerp, maar hy het desnieteenstaande in Berlyn voortgegaan om sy bose daad te beplan.

Uit vrees vir soortgelyke aanvalle, het Frankryk “voorkomende inhegtenisnemings” uitgevoer asook grensbewaking opgeskerp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.