Malema sit steeds vas in Kuba

Deel op

EFF-leier Julius Malema, wat Havana besoek het om betrekkinge met die oorlede Fidel Castro se oorblywende kommuniste te gaan sement by sy begrafnis aan die begin van die maand, is reeds ‘n paar keer in die straat van die stad opgemerk en hy is blykbaar nog steeds nie van plan om terug te keer na Suid-Afrika nie.

Of miskien duur die houtwerk-savant se kommunistiese opvoeding langer as gewoonlik. Kuba het ‘n een-oes ekonomie van suikerriet met ‘n uiters beperkte binnelandse mark. Die kleurlingbevolking word gekenmerk deur chroniese werkloosheid en diep armoede.

Onder Castro, ‘n Jesuïet, het die plek stelselmatig agteruitgegaan en sy kritici is opgesluit en gemartel. Van spraak- en persvryheid was daar nog nooit sprake in Kuba nie.

Malema het op sy Instagram rekening die foto gedeel onder sy aanhangers met die opskrif “Stap in die strate van #Havana met my broer Jesus Mora.”

Die Mores karakter was onlangs deel van ‘n Kubaanse afgevaardiging wat ‘n uitgebreide werksprogram in België en Luxemburg onderneem het met vergaderings in die wetgewende liggame van die twee lande, sowel as ‘n vergadering in die hoofkwartier van die Europese Parlement in Brussel.

Intussen stroom Europese besoekers, ideologies verblind deur die popelende propaganda van die “wonderlike leier” na die haglike eilandjie waar die voertuie in die begrafnisstoet van die ontslape Castro ook gebreek het tydens die lewendige uitsending van sy staatsbegafnis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.