Politieke storm rondom Merkel soos wat inligting oor Berlynse djihadis uitlek

'n Foto van die Tunisiër Anis Amri wat op sosiale media gevind is.
Deel op

‘n Tunisiese “vlugteling” of “asielsoeker” is tans Europa se mees gesogte terroris nadat hy 12 mense by ‘n Berlynse kersfeesmark met ‘n swaar vragmotor afgemaai het. Maar die Duitse owerheid weier om besonderhede oor die terroris bekend te maak.

Die Duitse polisie het bloot bevestig dat hulle ‘n soektog na ‘n gevaarlike djihadis, Anis Amri, 23, geloods het. Amri is ‘n migrant wat vroeër vanjaar na Duitsland gekom het. Sy dokumentasie en bloedmonsters is na bewering op die vragmotor se vloer en in die kajuit gevind.

Die teenimmigrasieparty, Alternative für Deutschland (AfD) blameer kanselier Merkel vir die aanval, en het ‘n stille betoging voor haar kantoor versoek soos wat die internasionale soektog na die terroris voortduur. Frauke Petry, die leidster van die AfD, het getwiet: “Tot vandag toe word politieke korrektheid gehandhaaf. Treurig”, nadat linksgesindes uitgevaar het teen die “vrees en haat” van Duitsers en gepleit het vir “geduld, empatie en menslikheid” jeens die terroriste.

Marcus Pretzell, ‘n rubriekskrywer van Free West Media waartoe PRAAG insgelyks bydra, het vroeër getwiet: “Wanneer gaan die regstaat terugbaklei? Wanneer gaan dié … skynheiligheid end kry? Dié is Merkel se dooies!”

Merkel se koalisielede het ook skote op haar gevuur: “Landswyd, is daar ‘n groot aantal vlugtelinge waarvan ons nie die herkoms ken of weet wat hul name is nie. En dis potensieel ‘n baie groot veiligheidskwessie,” het CDU-lid Klaus Bouillon, die binnelandse minister van die Saarlandse deelstaat aan AFP gesê.

Indien verskeie nuusberigte oor die verdagte bevestig word, is die feit dat dié aanval plaasgevind het nie bloot ‘n tragedie vir die slagoffers en hul gesinne nie, maar ‘n grootskaalse politieke skandaal wat in Duitsland ontvou.

Terwyl dit vir die inligtingsdiens toenemend moeilik is om geradikaliseerde enkelinge dop te hou wat as gevolg van Angela Merkel se hardkoppige oopgrensbeleid die land binnegekom het, maar dié besondere djihadis was reeds aan die veiligheidsdienste bekend.

Die polisie-owerheid in die noordelike deelstaat Noord-Rhyn-Wesfalië het reeds ‘n ondersoek na Anis A geloods, met die vermoede dat hy besig was om ‘n terreurdaad te beplan, het die deelstaat se binnelandse minister Ralf Jäger bevestig.

Volgens Jäger was die verdagte veronderstel om terug Tunisië toe gedeporteer te word. Maar die saak is vertraag omdat die Tunisiese owerheid aanvanklik ontken het dat hy ‘n burger van hul land was. “Die nodige dokumentasie het eers vandag van Tunisië af aangekom,” het Jäger aan die Duitse dagblad, die Sueddeutsche Zeitung (SZ) gesê.

Die SZ het ook bygevoeg dat die verdagte ‘n dag in aanhouding deurgebring het maar weer vrygelaat is toe die owerheid nie sy regte identiteit kon vasstel nie. Toe die nuusagentskap AFP die Tunisiese binnelandse en buitelandse ministeries kontak, het hulle geweier om oor die saak kommentaar te lewer.

Intussen het die Italiaanse media berig dat Amri in daardie land tronkstraf uitgedien het omdat hy ‘n skool aan die brand gesteek het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.