Afrikaners is nie hulpeloos nie

Deel op
Tertia van Reenen, in haar brief: Tutu is geen Christen (17 Feb 2008), maak die gevaarlike stelling dat die Afrikaner "tans so hulpeloos soos 'n pasgebore baba sy lot afwag".

Dit mag dalk waar wees dat ons tans oor geen politieke en militere mag beskik nie. Maar ons mag wat tans nog in ons beursies lê, tel meer vir 'n "regering" wat geen brieke het as dit by spandabelrigheid kom nie. Solank die blanke voortgaan om sy eie ondergang deur middel van ekonomiese samewerking met die ANC te bewerkstellig is ons op 'n afdraande pad.

Daar word in Engels gesê dat: "A lie, repeated often enough, becomes the truth." Ons mag nie die leun verkondig dat ons 'n verslane volk is nie. Ons moet besef, en die woord uitdra, dat, saam met God, is ons teen die hele wêreld vry. Ons het, ons kan en ons sal oorwin. Sodra 'n gees van oorwonnenheid ons beetpak, sal dit verby wees.

Ek wil graag alle blankes aanmoedig om, waar ookal moontlik, die geldkraan vir die bose magte toe te draai. Dis jou geld, maak seker waar jy dit uitgee.

how to buildДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.