Is hy ‘n regte Moslem?

Oeps! Verkeerde hand.

Oor die hele wêreld het mense geskok en met afsku gereageer toe die Russiese ambassadeur in Turkye, Andrei Karlof op 19 Desember plotseling in die rug geskiet was deur die 22-jarige jihadistryder Mevlüt Mert Altintas. Sonder ‘n skyn van kans het die ambassadeur – wat besig was om in ‘n kunsgalery ‘n toespraak te lewer – inmekaargesak soos wat die koeëls vanagter deur sy borskas gebars het.

Gewapenderhand en onder luide paniek het die skutter homself as Islamis voorgehou met sy uitinge van “Allahoe Akbar!”, oftewel “God is groot”. Daarmee het hy ook opmerklik sy wysvinger in die lug gesteek om sy oortuiging nog sterker by die publiek oor te bring. Die hoofstroommedia het ongesensureer hierdie beeld aan miljoene kykers aan die wêreld gebring om hierdie gruwel nog verder op ons netvlies te brand.

En dis hier waar ek in my naiëwe onskuld onraad begin ruik het.

Dit is bekend dat Islamiste hul wysvinger in die lug steek om hulself dusdanig te identifiseer (Let wel, die begrip “Islamis” verwys uitsluitend na radikale en militante Moslems). Hierdie handgebaar staan bekend as die Sjahada, en beteken dat daar geen ander god as Allah is nie. Die gebruik van hierdie teken het veral begin toeneem met die opkoms van die Islamiste van die laaste paar jaar.

Hierdie gebaar word altyd met de regterhand gemaak. Die jong Turkse Islamis het egter met sy linkerhand hierdie gebaar gemaak, en dit is ‘n growwe belediging.

Aangesien die linkerhand in die Islamitiese tradisie gebruik word om hul sitvlak af te vee, is enige vorm van verwysing met hierdie hand ‘n belediging. Selfs om na iemand te waai met die linkerhand word onder Moslems as onwelgevallig beskou, laat staan nog die verwysing na die allerhoogste.

Ten minste doen Obama dit reg.

Vandaar onstaan by my die vermoede dat hierdie pistoolswaaiende knaap geen ware gelowige is nie, maar iemand is wat ingesit is om ‘n streep te trek deur die verhoudinge tussen Rusland en Turkye, wat ‘n bietjie te vriendlik begin word het. Laat ons nie vergeet nie dat Turkye nog steeds ‘n formidabele NAVO-lid is en op Amerika na oor die grootste weermag in daardie Noord-Atlantiese blok beskik. Deur ‘n gespanne situasie te skep tussen Turkye en Rusland kan ‘n poging wees om hierdie verlore skaap weer terug in die NAVO kamp te lok teen Rusland.

Amerika se rol in die Midde-Ooste word steeds minder duidelik. Aan die een kant wil hulle van die Siriese leier Basjar al-Assad ontslae raak, maar tegelykertyd meen hulle teen die Islamitiese Staat te baklei. Turkye, Jordanië en die Golfstate het belang daarby om Sirië te breek, aangesien Sirië, Iran en die Hezbollah in Libanon ‘n Sjihitiese as vorm,  wat die aartsvyande van die Soennimoslems is, waar die eersgenoemde lande – en ISIL – ook aan behoort. Toegegee, Sirië is ‘n ingewikkelde kwessie, met ‘n meerderheid Soennimoslems, maar Assad is as Alawiet (sy stamverwantskap) ook geneig na die Sjihitiese oortuiging selfs al is hy sekulêr en tolerant teenoor minderhede.

Die radikale ISIL kon egter die hele tyd op Amerikaanse steun reken, totdat hulle in 2014 hul mandaat oortree het en in Mosul in Noord-Irak begin optree het, wat Amerikaanse oliebelange aldaar in gevaar gebring het.

As gevolg van Amerika se onduidelike en onbetroubare rol – laat staan nog die seer wonde van die mislukte Gülen staatsgreep van enkele maande gelede – vind Turkye ‘n beter bondgenoot in Rusland as in hul eie NAVO lede. Hulle voel dat Amerika hulle bedrieg het, en ISIL weet ook nie meer of hulle op daardie land kan vertrou nie. Een oomblik ontvang hulle wapens en finansiële steun van die VS en die Golfstate, en die ander oomblik word hulle aan hul lot oorgelaat en word slagoffer van die Siriese teenoffensief. Die “gematigde rebelle” het egter ook radikale oortuigings, maar hulle is nie dieselfde as ISIL nie. Die laasgenoemde is baie beter georganiseer en het veel groter ambisies, terwyl die sogenaamde gematigdes – wat eintlik ewe bloeddorstig is – slegs op plaaslike vlak vrede vir hulself wil bewerkstellig.

Die situasie raak steeds meer Orwelliaans, met geen duidelike vriend of vyand nie. Rusland moet oppas om nie in dieselfde verwarring betrokke te raak nie.

Hulle moet wel bedagsaam wees dat sulke taktieke van bruikbare idiote om belangrike diplomate te vermoor meestal vanuit ‘n skadunetwerk georganiseer word, soortgelyk aan die Serwiese student Gavrilo Princip wat ‘n lid van die Swart Hand was. Soos ons weet het hierdie netwerk genoeg mag gehad om die hele Europa in ‘n bloedbad te omskep in 1914.

Net soos wat Rusland gehelp het om van Sirië se chemiese wapens op diplomatieke wyse ontslae te raak – tot die groot verdriet van die VS – kom ons hoop dat Poetin en Sergei Lawrof weer hul kaarte reg sal speel met hierdie nuutste poging om Rusland in ‘n oorlog te lok.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Kalium_Chloraat

    Soos ek die ding sien kan jy dan nie ‘n Islamis wees as jy linkshandig is nie, dan beledig jy as jy met enige hand beduie.

  • eduard

    ‘n Edomietjood dalk? Dit was per slot van rekening ‘n edomjood wat vir Prins Ferdinand geskiet het in Sarajevo wat kwansuis die Eerste Wereld Oorlog ontketen het. Snaakse rede om ‘n WO te begin.

  • Dave

    Dit klink net onverstaanbaar en onwerklik as jy aan metodes sou dink om om iemand wat nie lid is van ‘n spesifieke geloofsgroep, te oortuig om te lieg en voor te gee dat hy wel lid is daarvan en om dan onder daardie voorwendsel ‘n daad uit te voer wel wetende dat dit hom sy lewe gaan kos. Geen finansiële wins, geen geloofsoortuiging, wat kan dan as oorreding dien? Moeilik om ‘n rede te probeer uitpluis want as hy dit gedoen het ter wille van een of ander misplaaste lojaliteit is dit op ‘n vreemde manier gedoen.

  • Ou Transvaal

    Daar is sterk sprake van analiste dat daar geen patroondopies en te min bloed op die toneel is , met die VS se oorlog lus wat onverpoost toeneem is ‘n feit!!! valsevlag enige iemand???