‘n Suid-Afrikaanse voëlkyker in Mosambiek was onder ‘n groep van internasionale toeriste wat in ‘n lokval gelei is deur swart aanvallers verlede week. Die swart aanvallers was gewapen met AK47-aanvalsgewere.
Frans-Hendrik Joubert, ‘n ywerige 27-jarige voëlkyker en fotograaf sê hulle was op ‘n toer in Sentraal-Mosambiek verlede week, op soek na skaars en bedreigde voëlspesies, toe hul konvooi van drie voertuie ‘n lokval gelei is.
Die bestuurder van die eerste voertuig is gewond in sy pols, en ‘n Australiese passasier in sy knie. Die voertuig waarin Joubert gereis het, is ook getref, maar hulle het ongegeerd daarvan afgekom.
Hulle het daarin geslaag om te ontsnap deur weg te jaag van die aanvallers. Die derde voertuig het egter het agtergebly, en was onbewus van die drama wat voorlê. Hulle is gestop en beroof van al hulle besittings, deur die ses swaar gewapende swart mans.
Ten spyte van die beproewing, het die toeriste besluit om in die land te bly en voort te gaan om na voëls te kyk.
Die kleurlingjoernalis van OFM wat die onderhoud gevoer het, het aan Joubert gesuggereer dat hy moet erken dat hy bang was tydens die aanval en dat hy nie moet probeer om homself so “manlik” te gedra nie.
Kennelik dink die joernalis Earl Coetzee wittes behoort meer vrees te toon vir swart aanvallers.