Senior IVP-lid doodgeskiet

Deel op

Image'n Senior IVP-lid is in Empangeni aan KwaZulu-Natal se noordkus doodgeskiet in wat geglo word 'n polities gemotiveerde misdaad is, het die party Maandag gesê.

Die Inkhata-vryheidsparty se provinsiale sekretaris, Bonginkosi Buthelezi, het gesê Sabeloa Zondi en 'n passasier het in sy motor gereis toe mense van die kant van die pad af op hom geskiet het.

Zondi is verskeie kere raakgeskiet en is op die toneel dood. Sy passasier het geen beserings opgedoen nie.

"Mnr. Zondi moet die krediet kry dat hy ten minste 70 mense van die ANK in onlangse weke gewerf het vir die IVP," het Buthelezi gesê.

"Sy harde werk in die gemeenskap het een hom die dank van plaaslike IVP-ondersteuners besorg asook dreigemente deur ANK-ondersteuners. Mnr Zondi sal baie gemis word," het hy gesê.

Buthelezi het gesê die party glo die moord was polities gemotiveer.

'n Polisiewoordvoerder, superintendent Jay Naicker, was nie onmiddellik beskikbaar om die voorval te bevestig nie, maar het gesê hy sal binnekort kommentaar daarop lewer.

проверить на полиграфеФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.