Karel Combrinck: Ras en beskawing

‘n Stelling dat meeste, indien nie alle nie, menslike ondernemings deur die eeue heen in mislukkings geëindig het, sal seker sommiges na die pen laat gryp met beskuldings van “negatief” of “pessimisties” of selfs “rassisties”. (Alles waarmee die konformerende elite nie saamstem nie is outomaties “rassisties”.) Tog het feite die manier om hardnekkig te wil terugveg teen ideologieë en dogmas van allerlei aard.

Kom ons noem kortliks enkele gevalle van reusagtige mislukkings: Die ryk van Aleksander, die Persiese ryk, die epiese tog van Hannibal oor die Alpe in ‘n poging om die rug van Romeinse heerskappy te gaan knak, maar wat uitgeloop het op die sloping van sy glorieryke stad Kartago, die ondergang van die einste Romeinse Ryk en die Bisantynse ryk, die monumentale ramp van die Kruistogte, die selfverterende Franse Rewolusie, die rampspoedige Napoleontiese avontuur wat hom in Rusland te pletter geloop het, die Wêreldoorlog van 1914-18 met die Bolsjewistiese Rewolusie as gevolg, die Wêreldoorlog van 1938-1945, met inbegrip van die rampspoedige Duitse veldtog in Rusland.

Die Egiptiese beskawing, miskien die grootste van almal, het in 332 v.C. na ‘n bestaan van bykans drieduisend jaar met die verowering deur Aleksander tot ‘n val gekom. Die laaste “Farao”, Cleopatra Philopator (69-30 v.C.) was, soos ons weet, geen Egiptenaar nie, maar wel ‘n Griek.

Wat van die Geallieerde inval in Normandië in Junie 1944? Hieroor sal daar uiteenlopende menings wees, na gelang van die oogpunt waaruit dit beoordeel word. Uit die oogpunt van die Angel-Saksiese wêreldling en die Amerikaanse globale geldempaaier was dit natuurlik ‘n groot sukses. Uit die oogpunt van die nasiestaat en die voortbestaan van die wit ras en die wit beskawing was dit moontlik die grootste ramp van almal.

En wat het oorgebly van die Britse Ryk na die soort van beheerde inploffing wat daar plaasgevind het? Binne die leeftyd van baie van ons hier was Brittanje nog ‘n magtige wêreldryk. Baie van ons onthou nog die “winds of change”-toespraak van Harold Macmillan in die parlement in Kaapstad op 3 Februarie 1960 waarin hy by implikasie die einde van die ryk aangekondig het. Vandag het die empaaier weggekrimp tot ‘n benoude eilandjie, oorbevolk deur Indiërs, Pakistani’s en Nigeriërs met ‘n buitensporige bank- en finansiële sektor, so op die patroon van ‘n Hong Kong of ‘n Singapoer — rykdom wat in ‘n paar hande gekonsentreer is en wat die oorblyfsel is van die roofbou wat hulle in die voormalige kolonies beoefen het. Soos Marcus Antonius in sy begrafnisrede vir Julius Caesar gesê het :

Are all your conquests, glories, triumphs, spoils,
Shrunk to this little measure (Shakespeare, Julius Caesar Bedryf I Ton. 8)

En les bes, wat het van ons geword ? Driehonderd-en-vyftig jaar van opoffering, toewyding, swaarkry, veg, vasbyt, opbou, beplan, vertrou, alles, alles tevergeefs? Maar daaroor is al genoeg gesê.

Die vraag ontstaan: watter soort ramp staar die Westerse beskawing volgende in die gesig en is dit ‘n katastrofe waarvan ons ooit weer sal kan herstel?

Twee scenario’s doen hulle voor :

Die eerste moontlike katastrofe wat die mensdom kan tref, is dié van ‘n massale uitdelging deur vuur en swawel, om dit so te noem. Ons het onlangs hierdie bedreiging naelskraap vrygespring toe die halfbesete Hillary Clinton in die Amerikaanse presidentsverkiesing die onderspit gedelf het. Die gewapende konflik met Rusland waarheen sy op pad was, sou outomaties ook op ‘n konfrontasie met Sjina uitloop en so ‘n konfrontasie sou eenvoudig ‘n kernoorlog en die uitwissing van die menslike ras en trouens van bykans alle lewe op aarde beteken.

Maar daar is ook ander maniere om die beskawing te vernietig en uiteindelik die vernietiging van die mens self te bewerkstellig.

In sy mylpaalgedig uit 1925, The Hollow Men, skryf T. S. Eliot:

This is the way the world ends
This is the way the world ends
This is the way the world ends
Not with a bang but a whimper.

Dit is dus duidelik dat Eliot meer as een wyse oorweeg het waarop die wêreld tot ‘n einde kan kom. Dit is ook duidelik dat hy ‘n gewelddadige en vernietigende konfrontasie (bang) as een so ‘n moontlikheid oorweeg het, maar dat hy tot die gevolgtrekking geraak het dat die wêreld eerder in die teendeel hiervan, nl. ‘n kreuntjie (whimper) tot sy einde sal kom.

Wat beteken die kreuntjie dus presies? Dis nie altyd maklik om presiese betekenisse aan die uitinge van digters te heg nie, maar uit Eliot se werke in die algemeen, asook die titel van die gedig, wil dit blyk dat hy ‘n soort geestelike en morele verval in gedagte kon gehad het, dws ‘n beskawing wat sy ankers byster geraak het en van sy waardes en sy natuurlike aard vervreem geraak het en dus van binne uitgehol is.

Sonder om dus betekenisse aan Eliott te wil toedig, wat hy self miskien nie in gedagte gehad het nie, of net deels in gedagte gehad het, word aan die hand gedoen dat in die tydvak waarin ons leef, die kwessie van verlies van kulturele identiteit moontlik die hoofsaaklike bedreiging geword het van ons beskawing en uiteindelik van die mensdom self, wat dus ten slotte gedoem is tot uitwissing in die vorm van ‘n magtelose kreun.

Hoe kan die skouspel van honderdduisende ” vlugtelinge” vanuit die derde wêreld wat Europa oorstroom, wat op sypaadjies woon, die landskap besmeer en besoedel met vullis en rommel, in swembaddens ontlas en wat wit vrouens en meisies verkrag en molesteer anders beskryf word as ‘n kreun van die Westerse beskawing of wat daarvan oorgebly het?

En wie praat van verlies aan kulturele identiteit, praat noodwendig ook van verlies aan rasse-identiteit.

In sy artikel van 10 Desember op Praag haal Leon Lemmer soos volg aan uit ‘n werk oor multikulturalisme van twee Amerikaanse akademici, David O Sacks en Peter A Thiel :

“Multiculturalism filled the vacuum created by the elimination of the West” (963). “Multiculturalism amounts to nothing less than a war on Western civilization and, beyond it, a war on the very idea of civilization.”

In nog ‘n artikel van Leon Lemmer, (Samuel Huntington oor die botsing van beskawings van 5 Nov. 2016) verskyn die volgende aanhaling :

” …if the purpose of education is to impart knowledge, then its purpose is to impart Western civilization. “

Met hierdie sienswyses is ons dit natuurlik roerend eens. Maar wat die Amerikaanse professore nie durf sê nie, is dat ons Westerse beskawing en die blanke ras eintlik twee woorde is vir dieselfde ding. Daarom moet dit vir enige regdenkende mens duidelik wees dat ‘n aanval teen die een ‘n aanslag teen die ander is. Wie die Westerse kultuur wil beveilig, moet hom noodwendig vir die voortbestaan van die blanke ras ook beywer. In stede hiervan beleef ons dekades reeds ‘n vernietigende tweeledige aanval teen beide die wit ras en die Westerse kultuur.

Kyk gerus maar weer na die foto by die Praagberig Olifant in die wiskunde-klaskamer van 9 Desember. Watter hoop op voortbestaan kan daar wees vir ‘n samelewing soos daar uitgebeeld? Watter soort samelewing en watter soort beskawing kan op so ‘n manier voortduur? Anders gestel, is voortbestaan van so ‘n aard hoegenaamd die moeite werd?

Na elke kolossale fiasko in die geskiedenis probeer mense om redes daarvoor te soek en om maniere te vind om ‘n herhaling van dieselfde soort katastrofe te voorkom. Meesal word dan net weer nuwe foute gemaak waaruit die daaropvolgende ramp dan op sy beurt ontstaan.

Na die Tweede Wêreldoorlog het die Westerse samelewings, onderhewig aan hewige propaganda, die feit, of die mite, verkondig dat die oorlog hoofsaaklik die gevolg was van rasse-onverdraagsamheid. Duidelik was rasse-oorwegings nie die oorsaak van die Tweede Wêreldoorlog nie, hoewel sulke oorwegings met verloop van die oorlog wel prominensie verkry het. Feit is egter dat propaganda die wêreld juis dít wysgemaak het: Rasseverskille veroorsaak konflikte en selfs wêreldoorloë. En vandaar dus die volgende mite in die proses van ideologiese breinspoeling: Rasseverskille bestaan nie.

So dit is dan die verhaal van die modepolitiek: rassespanning gee aanleiding tot oorloë. Daar is ‘n soort konsensus om te fokus op hierdie een element van potensiële internasionale struweling ten koste van ander oorsake wat ons letterlik aan die keel gryp. In die proses word ons beskawing wat heel duidelik eng verbonde is aan ons ras, vreugdevol opgeoffer.

In die vernietigingsproses van ons beskawing is daar die snelle manier van ‘n gewelddadige konfrontasie en daar is die langsamer metode van rassevermenging en dus van rasse-uitwissing.

Die groot meerderheid van die linkse wêreld, wat die afgelope dekades die kern uitmaak van die moderne modepolitiek, verkies die langsamer proses.

Nog ‘n gedig kom hier in gedagte:

Fire and ice ( Robert Frost 1920)

Some say the world will end in fire ,
Some say in ice.
From what I’ve tasted of desire
I hold with those who favor fire.
But if it were to perish twice ,
I think I know enough of hate
To say that for destruction ice
Is also great
And would suffice .

Die program van rassevermenging en dus van rasse-uitwissing is in groot mate gebore uit haat vir die wit ras, waaraan die wit ras ras natuurlik self lustig meedoen. Om ons voortbestaan as beskawing onherroeplik te vernietig, is daar dus ‘n kernoorlog of daar is rassevermenging. Daar is vuur of daar is ys. Maar die een is so dodelik soos die ander.

Is daar ten slotte ‘n positiewe noot waarop ‘n mens ‘n stuk soos hierdie kan afsluit? Nouliks. Gaan die verkiesing van mnr Trump tot Amerikaanse President, asook die opkoms van behoudende en volksgerigte elemente in Europa die wiel ver genoeg laat draai om die vernietiging van die blanke beskawing te stuit? Ons kan maar net bly hoop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.