Potgooi: Trump gaan ons nie help, maar paraatheid wel

Dan Roodt en Gustav Venter bespreek laasgenoemde se onlangse rubriek waarin Gustav meen dat Afrikaners onrealistiese verwagtinge koester oor die soort hulp wat hulle van pres. Donald Trump kan verwag. Hy sê ons moet eerder fokus op selfbeskerming en almal vuurwapens begin dra.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Vicky

    Gooi daai pot Dan. Wanneer gaan j weer op Red Ice?

    • Nee, ek weet nie, daar in Amerika by die konferensie in Mei het Lana Lokteff bietjie bo-oor my gekyk. Miskien is my haarsny nie modieus genoeg nie? 🙂 Maar ons is nou tegnies heel goed toegerus en as ons eers oor ‘n maand of twee uiteindelik optiese vesel kry, kan ons baie lekker gespreksprogramme met mense regoor die wêreld opneem.

      • Hans Onrust

        1. Naar het schijnt is ene Adam Curry, o.m. voormalig MTV presentator in NL, redelijk succesvol met Podcasts in de VS. Kan wellicht als idee voor vormgeving dienen?
        Hier los van inhoud een voorbeeld : https://www.youtube.com/watch?v=VW8tVWtrQeM

        2. Die twee geweren van de grootouders zaten niet eens in een te koesteren deel van de erfenis ?

        3. Even bijspringen als ‘spindoctor’. Niet te rigoureus bij de haardracht ingrijpen.
        Neem een gitaar (kitaar) mee, Dan. Om de boel een beetje mee op te luisteren in deze trend :

      • Vicky

        Top Kek! Al die TRS podcasts sal jou as gas verwelkom.

  • Ons het maar elkeen ons onderwerpe en sterker punte. As dit kom by burgerlike beskerming, verarming of landbou (veral voedselveiligheid in Suider-Afrika) dan moet ek maar iets stigtelik vanaf praktiese grondvlak probeer byvoeg. ‘n Tyd gelede het ek iets vir die plaaslike GPF geskryf m.b.t. die beginsel van bewapening en selfverdediging d.m.v. wettige persoonlike vuurwapens. Dit is tans nog soos wat Gustav Venter meen, – daar is dadelik ‘n gesnak na die asems, al verstik sommige van ons of ons geliefdes aan hulle eie bloed na gereelde geweldsmisdade teen ons mense. Daar is dan sommer ook dadelik fronse van die Hoofpolisieman sodra daar van gewapende landsburgers gepraat word in die samelewing. Maar ek meen dat Gustav ‘n praktiese punt gemaak het rondom ‘n kultuurverandering wat selfverdediging moet aanwakker. Ek happer nou op die Volksraad se 325 bl. “Memorandum to the international community” wat onlangs vrygestel is, maar dit gee ‘n arendsoog perspektief op die totale historiese en voortgesette politiese aanslag teen ons mense, welke doelbewusde vervolging van ons mense volksmoord insluit. Ons enigste opsie, – nog voor ons by herposionering en volhoubare voortbestaan deur o.a. Ons vir Jou Suid-Afrika (Volkstaat) of Eendrag maak Mag gaan uitkom, is om oortuig, oortuigend en effektief te veg vir selfbehoud d.m.v. fisiese selfverdediging.