Duterte spog dat hy self kriminele dood

Deel op

Die Filippynse president, Rodrigo Duterte, sê hy het persoonlik vermeende kriminele doodgemaak toe hy burgemeester van ‘n stad in die suide van die Filippyne was om ‘n voorbeeld vir die polisie te stel.

Hy het hierdie opmerkings gemaak toe hy sakelui oor sy veldtog teen onwettige dwelms toegespreek het. Die veldtog het tot die dood van duisende mense deur die polisie en ongeïdentifiseerde aanvallers gelei sedert Duterte op 30 Junie vanjaar president geword het.

“Ek het in Davao met ‘n motorfiets rondgery en die strate gepatrolleer en amok gemaak. Ek het regtig konfrontasie gesoek sodat ek mense kon doodmaak,” het die 71-jarige president gesê.

Menseregte-aktiviste is woedend dat Duterte dwelmhandelaars teiken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.