Eiffeltoring in donkerte gehul na ISIS uit Aleppo gerook is

Deel op

Siriese burgers van die oostelike dele van Aleppo het die strate ingevaar om die oorwinning van hul weermag oor terroriste te vier. Die vieringe word doodgeswyg in die Weste.

Volgens die Russiese woordvoerder van die president, Dmitri Peskof, is daar nog ISIS-terroriste wat burgerlikes as menslike skilde gebruik.

Globaliste probeer propaganda maak oor die vergrype teen burgerlikes en kinders omdat hulle nou uitgerook is na hul inval in Aleppo. Maar daar is geen waarnemers op die grond wat die “gerugte” kan steun nie. Desnieteenstaande word onbevestigde berigte oor “oorlogsmisdade” uitgestuur deur die dooieboommedia.

Die militante soek ‘n uitkomkans, nadat hulle deur die Siriese weermag in ‘n hoek gedruk is. Net drie geboue is oor waar hulle vasgekeer is in die oostelike deel van die stad.

Die vasgekeerdes het ‘n nuwe ontruimingsplan aangekondig om “burgerlikes en beseerdes” uit Aleppo te verwyder nadat hewige gevegte opnuut uitgebreek het.

‘n Bron na-aan die Siriese regering het dit egter ontken en sê die vyandelikhede duur voort nadat die jongste skietstilstandooreenkoms met Turkye wat die ISIS-militante ook ondersteun, klaarblyklik misluk het.

Ingevolge die plan sou die militante Woensdagoggend die ooste van die stad kon verlaat, maar lugaanvalle het opnuut uitgebreek.

Aktiviste sê die liggame van die dooies kan weens die hewige bombardering nie uit die strate verwyder word nie.

Twee militantegroepe hou egter vol dat ‘n nuwe skietstakingsooreenkoms bereik is ná onderhandelings tussen die Russe en die Turkse Rooi Halfmaan – en dat burgers vroeg vanoggend die stad sal begin verlaat.

Die Eiffel-toring in Parys, Frankryk, was Woensdagaand in donkerte gehul, ‘n gebaar van uiters vreemde ondersteuning vir die terroriste in Aleppo in Sirië.

Die linkse burgemeester, Anne Hidalgo sê daar is besluit om die Eiffel se ligte af te skakel om die aandag te vestig op die “onhoudbare situasie” in die stad “waar die ontruimingsplanne vertraag word”, maar eintlik is die Sosialiste se proksiemagte besig om uitgeroei te word.

Ondersteuners van ISIS in Parys het selfs aan ‘n protesoptrede by die Eiffel-toring deelgeneem en rooi klere gedra wat die bloedvergieting in Sirië wat hulle veroorsaak het, te probeer voorhou as die werk van president Assad.

Die Franse Sosialiste se regime-veranderingsplanne met buitelandse proksies onder die die vlag van ISIS in Sirië, het intussen klaaglik misluk.

Bedags is die Eiffeltoring is digte besoedelingsmis gehul.

Die uittredende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-moon, het ook die toestand in Aleppo veroordeel, maar darem bygevoeg dat die gerugte oor vergrype onbevestig is. In Westerse hoofstede, het globaliste dit egter as feite voorgehou.

Die voormalige Portugese eerste minister Antonio Guterres, is intussen Maandag as sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies beëdig.

Hy is die negende VN-hoof in die liggaam se 71-jarige bestaan. Hy neem op 1 Januarie die leisels by Ban Ki-moon oor.

Die aanwys van ‘n nuwe sekretaris-generaal is in die verlede agter geslote deure deur ‘n paar magtige lande gedoen. Vanjaar het die proses egter openbare besprekings behels met elk van die 13 kandidate wat om die pos meegeding het, maar die sogenaamde “deursigtigheid” is ‘n foefie.

Na verwagting sal die oud-kommunis Guterres ‘n groter skoothondjie wees as sy voorganger.

Ban het twee termyne van vyf jaar gedien

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.