Londen, Parys ervaar groot druk om terreur te bekamp

Deel op

Die polisie het Maandag ses mense aangekeer in klopjagte wat verband hou met die bekamping van terrorisme in sentraal-Engeland en Londen.

Plofstofdeskundiges is later ook ontplooi terwyl die polisie met deursoekings besig was.

Speurders het vier mense in Derby en nog een in Burton upon Trent in sentraal-Engeland aangekeer.

‘n Vrou wat daarvan verdink is dat sy besig was om vir ‘n terroristedaad voor te berei, is in Londen in hegtenis geneem.

In Frankryk is die bestaande noodtoestand weer verleng tot na die presidentsverkiesing wat in Mei beslis sal word.

Die toenemende kommer oor die kulturele antagonisme het Frankryk se parlement vroeg Woensdag genoop om te stem vir die uitbreiding van ‘n nasionale noodtoestand tot 15 Julie, ná volgende jaar se verkiesings. Die oornagstem in die Nasionale Vergadering is deur ‘n reuse 288-32 aanvaar.

Slegs die ver-linkses en groenes het teen die verlenging van sekuriteitsmaatreëls gestem.

Die nuwe Minister van Binnelandse Sake Bruno Le Roux, het beklemtoon voor die stemmery dat Frankryk “‘n uiters hoë” risiko van ‘n terroriste-aanval in die gesig staar. Sedert die laaste massamoorde het Le Roux opgemerk dat hulle reeds “meer as 13 terreuraanvalle, wat sowat 30 individue insluit” gefnuik het.

Dit sal die vyfde uitbreiding van die noodtoestand wees, ook genoem Vigipirate. Dit gee die aan die polisie uitgebreide bevoegdhede wat deursoeking en arrestasie betref.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.