Niehaus bied aan om te bedank n? bedrogskandaal

Deel op

Image

Carl Niehaus (links)

ANK-woordvoerder Carl Niehaus het oor die naweek aangebied om te bedank uit sy posisie nadat nuus bekend gemaak is dat hy bedrog gepleeg het om 'n lening te bekom.

"Iets soos dié wat openbaar gemaak word… sal natuurlik gevolge vir my inhou… ek aanvaar dat die ANK oor my toekoms sal besluit," het Niehaus aan SAfm gesê.

"Ek het vanoggend (Vrydag) 'n boodskap aan die sekretarisgeneraal en die tesourier generaal van die ANK geskryf en my bedanking aangebied."

"Ek ws altyd in diens van die ANK en het altyd die ANK se dissipline aanvaar. Die ANK is nie 'n organisasie wat ek as net nog 'n organisasie beskou nie. Dit is my familie. Dit is die organisasie wat ek liefhet en ek sal nooit opsetlik iets doen om die organisasie te skaad nie. Ek sal altyd hulle dissipline aanvaar."

Die weeklikse Mail and Guardian het berig dat hy klaarblyklik 'n vals brief geskryf het terwyl hy hoof was van die Gautengse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap (Geda) en handtekeninge vervals het in 'n poging om 'n lening van 'n sakeman te verkry.

Niehaus het ook na bewering geld geleen van verskeie ANK-grootkoppe om sy hoë lewensstandaard te handhaaf.

"Die meeste inligting waarmee julle my konfronteer, is waar. Ek wens dit was nie so nie. Ek het groot foute gemaak en 'n klomp mense baie teleurgestel. EK het geen illusies dat indien julle die artikel publiseer dit die einde van my loopbaan sal beteken nie," het hy aan die Mail and Guardian gesê.

"Ek het vir mense soos Saki Macozoma, Cyril Ramaphosa, Tokyo Sexwale, Gill Marcus, Pallo Jordan en Rick Mennel gevra om my finansieel te help."

"Ek was platsak. Sommige van hulle het geld gegee en ander nie. EK is inderdaad diep in die skuld. EK het ook geld gekry van Brett Kebble."

Hy het gesê die oorlede mynmagnaat het aan hom R70 000 gegee vir kommunikasiewerk.

"Ek betaal R100 000 terug omdat ek nie meer die likwidateurs kan beveg nie – daar was geen kontrak nie, net 'n mondelinge ooreenkoms," het Niehaus gesê. 

безмасляный компрессорtopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.