Israel stel omstrede ‘verkragter-rabbi’ by weermag aan

Deel op

Israel het Eyal Karim aangestel as die Israeliese weermag se hoofrabbi, ten spyte van sy siening dat Israeliese soldate nie-Joodse vroue kan verkrag.

Vandeesweek het brig. Gen. Eyal Karim sy posisie in die Israeliese weermag amptelik aanvaar.

In 2003 het Karim in ‘n rubriek genaamd “Vra die Rabbi” by Kipa.co.il, ‘n gewilde Hebreeuse webwerf vir godsdienstige Jode aangebied, en op ‘n vraag oor verkragting in tye van oorlog gesê:

“Is dit deesdae toegelaat vir ‘n IDF [Israeliese weermag] soldaat, byvoorbeeld, verkragting van meisies tydens oorlog, of is so iets verbied?” is Karim gevra. Hy het geantwoord: “Selfs al is omgang met ‘n nie-Joodse vrou ‘n baie ernstige saak, is dit toelaatbaar tydens oorlog … die Torah laat toe dat die individu sy bose drang bevredig.”

Karim, ‘n voormalige spesiale magte bevelvoerder, is ‘n rabbi wat spesialiseer in halakka-dilemmas. Halakka verteenwoordig die liggaam van Joodse godsdienstige wette wat die staat van Israel rig.

Karim se inswering by die IDF se hoofkwartier in Tel Aviv is bygewoon deur Stafhoof Gadi Eisenkot, het die Amerikaanse Herald Tribune (AHT) berig.

Eisenkot het Karim tydens die seremonie geprys: “Hy is die mees gepaste en geskikte keuse vir rabbynse gesag in die IDF. Ek het geen twyfel nie.”

Die Israeliese joernalis Yossi Gurvitz het die opmerkings van Karim oor verkragting in Engels in 2012 blootgelê, volgens AHT. In die 972 Magazine, het Gurvitz gesê dat toe hy die militêre opperbevel gevra het om kommentaar te lewer op dié stellings, is hy gedreig deur ‘n leërwoordvoerder en vertel dat sy navraag “die IDF, die staat van Israel en die Joodse geloof nie respekteer nie”.

Hier is ‘n voorbeeld die ander raad van Karim vir soldate, soos Haaretz berig het:

Op ‘n vraag, byvoorbeeld, of terroriste mense is, het hy geantwoord: “Terroriste moet nie as mense behandel word nie, want die reël is dat diegene wat genadig is teenoor die wrede uiteindelik wreed sal wees om die barmhartige te red.” Hy het hulle as “diere” beskryf.

Op ‘n vraag of dit toelaatbaar is om terroriste te behandel “voordat hulle ontplof” (gebaseer op die argument dat hulle Vigs het) het Karim geantwoord: “Terroriste wat beseer is, moet doodgemaak word.”

Kennelik het die man geen agtig vir die Geneefse Konvensie in die Midde Ooste se enigste “Westerse demokrasie” nie

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.