Nuwe tegnologie lei Trump

Deel op

Die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, het tot op hede nog nie ‘n amptelike nuuskonferensie gehou sedert hy op 8 November verkies is nie.

Hy gaan egter voort om direk via Twitter te kommunikeer en het enkele onderhoude toegestaan.

Sy kantoor het bekendgemaak dat ‘n aankondiging oor die toekoms van sy sakeryk nié meer Donderdag gemaak sal word nie. Sy woordvoerder sê dit is om seker te maak dat sy regspan alle kwessies uitgeklaar het.

Trump het wel die voorbeeld van sy voorgangers gevolg en ‘n groep joernaliste saamgestel om die publiek oor sy doen en late in te lig.

Ander presidente het egter binne dae nadat hulle verkies is ‘n nuuskonferensie gehou om vrae van joernaliste te beantwoord.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.