Bevryde Aleppo vier fees

Terwyl ‘n amptelike verklaring oor die situasie uit Damaskus moet kom, het ‘n bron naby aan Siriese weermaghoofkwartier aan RIA Novosti gesê dat die weermag op die rand is daarvan om die stad van terroriste te bevry.

Jubelende Siriërs het die strate ingevaar om hul bevryding te vier.

Die hele gebied is byna volledig herower in en om Aleppo en is sowat 18 000 vierkante kilometer, ‘n groter gebied as die hele Katar of Libanon.

Vroeër Maandag, het die Russiese ministerie van verdediging aangekondig dat meer as 13 000 burgerlikes gered is van militante dele van Oos-Aleppo met die hulp van die Russiese Sentrum vir Versoening oor die afgelope 24 uur.

Maar op die Franse radiostasie, France Culture, se korrespondent in Aleppo het ‘n onderhoud gevoer met ‘n Siriese man wat hartseer is om sy vernielde woning weer te sien, met geen ruimte vir enige beskrywing van hoe dit dalk kon gebeur het nie.

Die hele segment was opgestel teen die beleid van president Assad, met geen verwysing na die regime verandering wat deur buitelandse magte op die land afgedwing is nie. Die radio-onderhoud het eerder die “gevaar vir die wêrelderfenis” in Palmyra aan Assad toegeskryf, ‘n klassieke voorbeeld van “valse nuus”. Woedende luisteraars het gereageer en gesê die invloed van Katari-geld in Frankryk moet bevraagteken word.

Mense van Aleppo het intussen in die strate uitgevaar na ‘n oorwinning van die Siriese weermag oor Al-Qaeda en naderende einde van die stryd om hul stad. Groot opslagplekke met buitelandse ammunisie, kos en medisyne is gevind in die kwartiere die vlugtende Takfiris.

Die uittredende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki Moon, het sy kommer uitgespreek oor onbevestigde berigte van “groot mensevergrype” in Aleppo die afgelope paar uur, maar kon geen voorbeelde gee nie. Hy het self benadruk dat die berigte nie bevestig kon word nie

Hy het sy spesiale gesant in Sirië opdrag gegee om met die betrokke partye te beraadslaag. Ban het ‘n beroep op die Siriese regering en sy bondgenote gedoen om burgerlikes te beskerm.

Die VN se raadgewer oor humanitêre aangeleenthede het vroeër gesê Sirië en Rusland is aanspreeklik vir die vergrype deur pro-regeringsmagte, sonder enige feite.

Volgens die VN is sowat 50 000 Siriërs in Aleppo vasgekeer wat daagliks onder bomaanvalle deurloop. Die Siriese regering sowel as Rusland het nog nie op die onbevestigde aantygings gereageer nie.

Sergei Lawrof het egter aan Reuters gesê die VSA is moontlik aanspreeklik vir die aanval op Palmyra om die aandag af te lei van hul nederlaag in Aleppo.

Die kommunikasie van die Siriese weermag is glo deur ‘n buitelandse mag versteur sodat hulle nie die opbou in Palmyra opgemerk het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.