Shakespeare moet plek maak vir onbekende swart feminis

Deel op

Anti-wit studente aan die Universiteit van Pennsylvania, in die VSA, het ‘n portret van Shakespeare by die Engelse departement van die muur afgeruk en gekla dat hy nie “diversiteit” verteenwoordig nie.

Dit lyk asof “diversiteit” oor die uitsluiting van hoofsaaklik blankes gaan. Alles wat “witheid” verteenwoordig, moet gevandaliseer word.

Die hoof van die departement het dit bevestig, en sonder ironie in ‘n verklaring gesê dit moet beskou word as ‘n “manier om hul verbintenis te bevestig aan ‘n meer inklusiewe opdrag vir die Engelse departement,” het The Daily Pennsylvanian berig.

Die “progressiewes” glo klaarblyklik dat middelmatige onbekende skrywers groot name sal word as hulle mure versier.

Die Departementshoof Jed Esty het gesê die digter van Avon is vervang met Audre Lorde, ‘n onbekende Afro-Amerikaanse feminis. Haar mees beroemde uitspraak volgens haar volgelinge was: “Ek wil graag skryf oor nog ‘n stukkie fiksie wat handel oor ‘n aantal kwessies van lesbiese ouerskap in die 1960’s, en veelrassige verhoudings in die lesbiese en homoseksuele gemeenskap.”

Lorde is nog nooit vertaal in ‘n ander taal nie, en nie een van haar volumes geskrifte is gekatalogiseer nie. Haar gedigte is nie welsprekend of inspirerend nie. Dit kom neer op die gewone skril revolusionêre Marxisties-kulturele gemeenplase, in eindelose eendimensionele herhalings van retoriek en hiperbool.

Esty het bevestig dat Lorde se afskuwelike foto sal bly in Shakespeare se plek, en die gewone ou saai tipe aankondiging gemaak van ‘n stigting van ‘n “werkgroep” om te help “monitor aan die proses” van rassetransformasie.

Dit is duidelik uit die verklaring dat Esty is te bang is om oor die rasse-onderwerp direk te praat.

‘n Wit student, Mike Benz, duidelik idioties verlinks, het sy genoegdoening uitgespreek oor die “kultuur-storing” maar natuurlik kon hy geen inhoud daaraan toevoeg nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.