Le Clos maak swemgeskiedenis

Deel op

Chad le Clos het sy derde goue medalje by die Kortbadwêreldkampioenskap in Windsor, Kanada, gewen en daarmee swemgeskiedenis gemaak.

Le Clos het nou nege goue medaljes verower.

Met dié oorwinning het hy die eerste manswemmer geword wat die 50-, 100- en 200-metervlinderslag op twee agtereenvolgende wêreldbyeenkomste gewen het.

Le Clos se wentyd in die 50-metervlinderslag was 21-komma-nege-agt sekondes. Die Amerikaner, Tom Shields was tweede en David Morgan van Australië derde.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.