Russiese lugaanvalle het talle vegters van die Islamitiese Staat (ISIS) in die antieke Siriese stad Palmyra gedood en ander gedwing om die wyk te neem nadat hulle vroeër die stad herbeset het.
Maar ISIS het weer aangeval en Siriese magte uit dele van die stad verdryf.
Meer as 60 lugaanvalle is oornag uitgevoer met meer as 300 ISIS-djihadiste wat dood is.
ISIS het verlede week met ‘n offensief naby Palmyra, ‘n Unesco-wêrelderfenisterrein, begin. Nadat hulle Aleppo verloor het, skuil hulle nou by die erfenisterrein om bombardemente te ontsnap in die hoop om ‘n propaganda-oorwinning te behaal.
In die offensief het hulle ongeveer 50 lede van die Siriese regering om die lewe gebring en gelyktydig aanvalle op verskeie posisies van die regering in die omgewing van Palmyra uitgevoer.
In Mei 2015 het ISIS beheer oor Palmyra geneem en massiewe skade aan baie van die antieke plekke in die stad aangerig.