Twee wat dokter op Rouxville vermoor kry lewenslank

Deel op

Twee swartes is tot lewenslange tronkstraf gevonnis in die Bethulie rondgaande hof vir die moord op ‘n Smithfieldse arts, Bennie Cilliers.

Die Cilliers-egpaar aangeval op hul plaas naby Rouxville in Januarie vanjaar.

Waarnemende Regter Liza Tsatsi het ook ‘n voormalige plaaswerker van Cilliers, Thabang Jordaan, tot 22 jaar gevangenisstraf gevonnis op roof-verwante aanklagte en 10 jaar op ‘n aanklag van poging tot moord.

Die tweede beskuldigde in die saak, taxibestuurder Dawid Zamayo, is gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf.

Zamayo het ook 10 jaar gevangenisstraf gekry vir die poging tot moord wat verband hou met Cilliers se vrou, Cecilia wat die aanval oorleef het.
 
Regter Tsatsi het die twee moordenaars het ‘n man wat op die hoogtepunt van sy loopbaan was en ‘n mediese dokter, asook ‘n persoon met vaardighede waaraan Suid-Afrika ‘n dringende behoefte het, doodgemaak. Sy het ook gesê as ‘n boer het Cilliers werk vir baie mense geskep wat nou sonder inkomste sit.

Tsatsi het gesê sy kan nie enige wesenlike omstandighede vind vir die hof om af te wyk van die minimum vonnisse wat vir die misdade voorgeskryf word nie.

Cilliers het die aanval met ‘n swaar ysterstaaf tydens die plaasaanval nie oorleef nie.

Na die hofverrigtinge, het Cilliers se oudste seun, Pieter, aan OFM-nuus gesê hulle is verlig die saak is gesluit.

Hy het gesê hopelik kan die familie nou terugkeer na ‘n soort van normale lewe. Die jongste seun het die hoop uitgespreek dat die letsels van die voorval nie weer oopgemaak word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.