Guptas steel van swartes, sê groep

Deel op

Atul Gupta se massiewe rykdom is skokkend en ontstellend en “anti swart”.

Dit is die reaksie van die groep Save South Africa, nadat die bekend geword het die Gupta-familielid is onder die top 10 rykste swart mense in Suid-Afrika.

News24 berig Save South Africa glo dit is ontstellend dat een man so vinnig so ryk kon word, veral in die lig van die familie se berugtheid en beweringe van korrupsie en staatskaping.

Gupta is die naweek aangewys as die tiende rykste swart man, met ‘n geraamde persoonlike fortuin van R10 miljard.

Hy is een van 35 swart mense op die lys van 200 supperrykes, en volgens Save South africa is dit duidelik dat daar ‘n afname is van swart eienaarskap van ondernemings onder die leierskap van President Jacob Zuma is.

Hulle beweer hy fasiliteer doelbewus die Guptas se ekonomiese aktiwiteite, terwyl swart bemagtiging in die slag bly.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.