Was dit die kebab of die kopdoek?

Deel op

‘n Moslemtiener beweer sy is afgeskop Berlyn se openbare vervoer vir die dra van ‘n kopdoek, maar die meisie se wolhaarstorie is weerlê deur ‘n passasier wat ook op die trein was.

Die 14-jarige Moslem het Duitse owerhede vertel dat die bestuurder in Friedrichshagen geweier het om die tremhalte te verlaat en oor die luidspreker aangekondig het dat hy nie iemand met ‘n kopdoek sal vervoer nie.

‘n Polisiebeampte sê ‘n klag is ingedien oor die voorval, waarin videomateriaal wys hoe ‘n meisie met ‘n kopdoek op die trem klim Woensdag. Omdat die videomateriaal nie gepaard gaan met klank nie, het die Moslem tiener waarskynlik gedink sy kan wegkom met net haar weergawe van die gebeure. Sonder klank kon die “anti-Moslem” aankondiging natuurlik nie gehoor word nie.

Maar ‘n getuie het te voorskyn gekom, wat ook op die trem was toe die bestuurder gevra het dat die 14-jarige moet uitklim. Die rede was toe nie die kopdoek, soos die 14-jarige volgehou het nie, maar die feit dat sy ‘n sosatie in die trem verorber het, wat streng verbode is.

Die Berlynse Vervoermaatskappy (BVG) het bevestig aan die Berliner Morgenpost koerant dat na die hersiening van videomateriaal, hulle glo dat die bestuurder haar gevra het om die trem te verlaat omdat sy teen hul regulasies besig was om aan ‘n souserige kebab-broodjie, ‘n Döner-kebab, te smul.

“Op die video wat jy kan sien hoe twee meisies op die trem klim en dan hul Döner-sosaties begin uitpak; hulle kyk dan op na die luidspreker, terwyl die bestuurder aankondig dat hulle nie mag eet op die trem nie,” het ‘n BVG-woordvoerder Petra Reetz verduidelik.

Volgens die ooggetuiene, het die meisie die waarskuwing botweg geïgnoreer, “waarna die bestuurder gevra het dat die meisie in die wit kopdoek die trem te verlaat en buite eet.”

Die bestuurder sê hy is “geskok” oor hoe die voorval uitgebuit is deur die immigrant wat gemaak het asof sy ‘n slagoffer van rassisme is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.