Agenda-nuus probeer die ontdekking van ‘n vals ambassade toesmeer

‘n Ondersteuner van Ghana se hoofopposisieparty is dood toe gewelddadige botsings by ‘n politieke vergadering in die aanloop tot die presidentsverkiesing uitgebreek het. En Ghana het nooit apartheid gehad nie!

Ses mense is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal ná Maandag se geweldpleging en die Weste dink dit is nuus om daaroor te berig asof dit ‘n Westerse land is, want een of ander globalistiese agenda moet gedien word.

Die dienende president, John Mahama, se grootste opposisie kom van die gunsteling, Nana Akufo-Addo. Ghanese het Donderdag hulle stemme in die verkiesing uitgebring.

Verlede maand is Akufo-Addo se woning in Accra aangeval toe hy op ‘n veldtog-toer was. Sy party voer aan dit was ‘n poging om ‘n atmosfeer van vrees in die land te skep, maar Afrika-verkiesings gaan selde nie gepaard met geweld nie.

Die regte nuus uit Ghana is die ontdekking van ‘n valse Amerikaanse ambassade in die hoofstad Accra. Die “ambassade” is beman deur Turkse burgers, wat Engels en Nederlands praat.

Ondersoeke het ook ontbloot dat ‘n valse Nederlandse ambassade bedryf is, het die VSA se departement van buitelandse sake gesê. Amptenare in Nederland was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

“Beide Ghanese en Turkse georganiseerde misdaad en ‘n Ghanese prokureur wat in immigrasie en strafreg spesialiseer, het dit bedryf,” het die departement van buitelandse sake in ‘n verklaring gesê.

Die kriminele bende het vrylik outentieke visums vir ‘n dekade lank uitgereik. Hulle het betaal sodat korrupte amptenare by die regte ambassade moet wegkyk.

Dit is bedryf vanuit ‘n pienk twee-verdieping gebou, met ‘n Amerikaanse vlag buite. Binne is ‘n portret van president Barack Obama in die “amptelike” kantoor.

Die misdadigers het hulself as konsulêre amptenare voorgehou. Beslag is gelê op outentieke en vervalste Indiese, Suid-Afrikaanse en Schengen-visums en 150 paspoorte uit 10 verskillende lande saam met ‘n skootrekenaar en ‘n paar slimfone.

Die valse ambassade was drie oggende per week oop, maar het geen instap-navrae aanvaar nie, net soos die regte een. In plaas daarvan, het die misdadigers geadverteer op reklameborde in Ghana, asook naburige Afrikalande Togo en die Ivoorkus.

Hul kliënte is van regoor Wes-Afrika gebring omdat visums vir blanke Westerse lande in groot aanvraag is in Afrika. Baie ambassades glo hul visumstelsels word deur die georganiseerde misdaad geteiken.

Dit is nog nie duidelik hoeveel van die outentieke visums uitgereik is, of hoeveel mense onwettig toegang tot die EU of die VSA en ander lande verkry het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    As Afrika net halfpad so kreatief is as werk gedoen moet word sou dit ‘n ander plek gewees het