Weste speel viool terwyl hul regime-veranderingsprojek in Aleppo afbrand

Deel op

Siriese terroriste wat uit die buiteland befonds word om van die land se president Assad ontslae te raak, het nou hulle Moses teëgekom.

Hulle is tans deur die Siriese weermag in die beleërde oostelike deel van Aleppo vasgekeer. Hul Westerse ondersteuners het vir ‘n onmiddellike vyf-dag-lange wapen­stilstand gevra.

Alles wat beweeg in hulle vestings word dadelik gebombardeer, sê ooggetuies. Terwyl die Westerse proksiemagte ‘n gewisse uitwissing in die gesig staar, maak die ses Westerse lande by die VN se Veiligheidsraad asof niks gebeur het nie.

Die dringende versoek is glo sodat burgerlikes en gewondes na veiligheid geneem kon word, maar dit is duidelik dat die Weste probeer om hulle ‘n kans te gee om te hergroepeer. Dit lyk egter na ‘n verlore saak.

Hulle het dus nog geen aanduiding gegee dat hulle bereid is om te onttrek soos deur Damaskus en Moskou geëis is nie.

Die Siriese magte en sy bondgenote het die afgelope twee weke vinnig gevorder en is nou na aan die volle beheer van die stad.

Aleppo was voor die oorlog Sirië se stad met die grootste bevolking. ‘n Oorwinning vir die regeringsmagte sal ‘n belangrike sege in die ses-jaar-lange konflik wees.

Sirië en Rusland wil hê die Takfiri’s moet Aleppo verlaat en sal nie ‘n skietstilstand oorweeg voor dit gebeur nie.

Die Russe verwag dat Aleppo teen die naweek bevry sal wees van die indringers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.