Plaasaanvalle neem toe vir sesde agtereenvolgende jaar

Deel op

Plaasaanvalle en plaasmoorde het toegeneem vir ‘n sesde agtereenvolgende jaar in 2016.

Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) in samewerking met Afriforum het die amptelike syfers tydens ‘n mediakonferensie in Centurion vrygestel.

Die 2016 syfer van 64 moorde is net bereken tot 30 November 2016. Volgens genl Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, het Desember 2016 reeds gedui op ‘n verdere toename met ‘n geskatte verhouding van byna een moord per dag vir die maand wat die totale plaasmoord syfer vir 2016 die hoogste vir die afgelope sewe jaar maak.

“‘n Verdere kommerwekkende tendens is die duidelike toenemende gebruik van tegnologie deur plaasaanvallers. Ons het CCTV-bewys van ‘n toestel wat gebruik word deur plaasaanvallers wat radio- en selfoonkommunikasie asook alarms buite werking stel. Hierdie toerusting val in dieselfde liga as militêre toerusting wat ‘n eindgebruikersertifikaat vereis,” sê Van Zyl.

Ontleders het sekere patrone geïdentifiseer van verskeie plaasaanvalle en moorde. Onder andere dat plaasaanvallers toeslaan in groepe wat wissel van een tot soveel as 13 aanvallers per voorval. Ook dat aanvalle ongetwyfeld fyn beplan word en dat die boer spesifiek geteiken word tydens ‘n aanval en dikwels die eerste persoon is wat aangeval of vermoor word.

Verregaande politieke uitsprake hou verband met die toename in plaasmoorde. ‘n Klimaat heers in die land waar dit gewild is om rassistiese haatspraak teen wit mense te maak. Selfs die Landbouweekblad se redakteur neem daaraan deel.

Afriforum is egter bly dat lt.genl Kgomotso Phahlane, Waarnemende polisiekommissaris,’n groter bereidwilligheid toon met betrekking dié probleem.

Hulle meen daar bestaan ‘n groter diensvaardigheid om na klagtes en probleme te luister, omdat ‘n platform vir inligting rakende plaasmoorde en aanvalle gestig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.