Zimbabwe ‘het nou sterkste geldeenheid in Afrika’: regeringskoerant

Deel op

Die Zimbabwiese regeringskoerant The Herald het gister beweer dat dié land nou oor “die sterkste geldeenheid in Afrika beskik” nadat die regering begin het om effektewissels (sg. “bond notes”) aan die publiek vry te stel. Volgens die koerant het Zimbabwiërs “volle vertroue” in die nuwe geldeenheid.

Tydens die land se hiperinflasionêre fase in die vroeë 2000’s het Zimbabwe egter ook van effektewissels gebruik gemaak — wat destyds tot die inflasie bygedra het. In teorie word die effektewissels gewaarborg deur Amerikaanse dollar wat deur die Zimbabwiese sentrale bank gehou word, maar die versoeking moet groot wees om méér effektewissels te druk as waarvoor daar dollar gehou word.In die huidige geval word die geldeenheid nie gewaarborg deur dollar in die sentrale bank se rekening nie, maar deur ‘n lening van Afrexim-bank.Daar bestaan steeds lang toue by Zimbabwiese banke. Baie van die klante is onderwysers wat vir die eerste keer in ‘n lang tyd hul salarisse ontvang het. Maar die hoeveelheid geld wat ‘n mens uit jou rekening mag onttrek, word beperk. Dit beteken dat klante elke dag moet terugkeer om nóg geld te onttrek.

Vandeesweek sal daar ‘n bykomende $7 miljoen se effektewissels vrygestel word. Zimbabwe sukkel met ‘n tekort aan Amerikaanse dollarnote, want gerugte wil hê dat so vinnig as wat hulle in sirkulasie kom, word hulle deur buitelanders, veral Nigeriërs, opgeraap.

Zimbabwe se minister van finansies, Patrick Chinamasa, sal vanmiddag sy begrotingstoespraak met sy begroting vir 2017 lewer.

Op straat verhandel die effektewissels reeds teen ‘n afslag teenoor egte VS-dollarnote.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.