Media skep nog ‘n rassestorm rondom Houtbaai en Vanessa Hartley

Deel op

Die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia wat in navolging van die liberale Amerikaanse media ‘n obsessie oor ras en rassisme onderhou, se jongste slagoffer is Vanessa Hartley, ‘n inwoner van Houtbaai naby Kaapstad wat ‘n rassistiese uitlating op haar Facebook sou gemaak het. Sy het naamlik gekla dat daar te veel swart plakkers (“Africans”) op Houtbaai toesak.

Die ANC in die Wes-Kaap het intussen besluit om ‘n klag van rassisme by die SA Menseregtekommissie aanhangig te maak. In ‘n verklaring sê die ANC:

“Vanessa Hartely, ‘n inwoner van Houtbaai, het ‘n aanstootlike Facebook-plasing geskryf waarin sy sê: ‘Hulle is soos dom diere. Ons behoort ‘n tou aan hulle vas te maak. Te veel Afrikane sak op Houtbaai toe. Stel ‘n petisie op. Binnekort sal daar niks van Houtbaai oor wees nie’.

“As die ANC in die Wes-Kaap verseg ons om te aanvaar dat dié provinsie tragies aan die boosheid van rassisme verbonde moet wees dat die broederskap wat die mosaïek van die provinsie behoort te wees nooit verwesenlik kan word nie. Ons verwerp Vanessa Hartley se rassistiese geteem as beide ‘n verwronge siening van waaroor die land gaan en sekerlik nie verteenwoordigend van die meerderheid mense in die provinsie nie. Rassistiese sal nie die laaste woord inkry nie.

“Ons versoek dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie die maksimum straf- en korrektiewe maatsreëls binne hul domein sal toepas ten eidne te verseker dat dié tipe gedrag verwerp en agtergelaat word,” lui die verklaring.

Tans verskyn daar allerlei bestekopnames in die media oor die lys “rassestorms” van die jaar. Dr. Dan Roodt voer vanoggend ‘n onderhoud hieroor met die TV-kanaal ENCA by die eTV-ateljee wat later uitgesaai sal word.

“My standpunt is dat Suid-Afrika sonder rassestorms kan klaarkom,” sê hy.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.