Skokbedanking van Nieu-Seelandse premier dalk oor vlag

John Key en sy gesin
Deel op

In Nieu-Seeland het die Joodse eerste minister, John Key, onverwags bedank. Hy is voorheen geloof vir die wyse waarop hy die land se ekonomie weer op dreef gekry het.

Sy vrou het hom glo gedwing sê hy, maar dié wolhaarstorie klink nie oortuigend nie. Key het voorheen ‘n referendum gehou om die land se vlag te verander omdat die Britse Union Jack glo te prominent daarop was. Dié besluit het Republikeine glo ondersteun, sê kritici.

Hy was vir agt jaar aan die stuur van sake en tree uit met nog meer as twee jaar van sy derde termyn oor.

‘n Nasionale verkiesing word nie voor laat in 2017 verwag nie en Key sal aanbly om ‘n vroeë verkiesing te verhoed.

Die nasionale ekonomie het gegroei teen ‘n bestendige 3,5% per jaar; en werkloosheid is onder 5%. Die indiensnemingskoers is een van die hoogste in die wêreld.

Terwyl ‘n tiende van Nieu-Seelanders vermoedelik oor die Tasman See in die afgelope dekades ‘n beter lewe in die nabygeleë Australië gaan soek het, wat 28 keer groter is met vyf keer soveel mense, is die vloei van immigrante nou omgekeer.

Nuwe migrante van elders, insluitend China, Indië en ander dele van Asië kom steeds daagliks in die land aan. ‘n Kwart van die inwoners van Auckland, die kommersiële hoofstad, waar ‘n derde van Nieu-Seelanders leef, is in die buiteland gebore, meestal in Asië.

Veral etniese Chinese, groei aan en is reeds 4 persent van die totale bevolking.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.