Cilliers-plaasmoordenaar trek sy ANC-hempie aan

Deel op

Die twee beskuldigdes van die Smithfield-plaasmoord, wat die mediese dokter, Bennie Cilliers vermoor het en sy vrou ernstig aangerand het, sal Woensdag hul lot hoor.

Die een beskuldigde het lewensgroot met sy ANC-hempie in die hof gestaan sodat daar geen twyfel oor sy duidelike politieke motief moet wees nie.

Thabang Jordaan en David Zamayo staan in die rondgaande hof op Bethulie tereg op aanklagte van moord op Cilliers, poging tot moord op sy vrou Cecilia, asook huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

Die Cilliers-egpaar is in Januarie vanjaar op hul plaas naby Rouxville, in die Suid-oos Vrystaat, aangeval en gemartel.

Cilliers het nie die plaasaanval oorleef nie. Waarnemende regter Liza Tsatsi het vandag die Staat en die verdediging se finale betoë aangehoor.

Sy lewer Woensdagoggend uitspraak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.