Die regering sal vandag sy saak in die hooggeregshof in Pretoria stel rakende sy besluit om Suid-Afrika aan die Internasionale Strafhof te onttrek.
Die hof het Maandag betoë aangehoor van die DA, die Suid-Afrikaanse Litigasiesentrum, die Helen Suzman-stigting, die Sentrum vir Menseregte en die Sentrum vir die Bevordering van die Grondwet.
Hulle vra dat die hof die regering se besluit onwettig en ongrondwetlik verklaar en dit ter syde stel.
Die DA se regsverteenwoordiger Steven Budlender, het aangevoer dat die regering nie die mag het om so ‘n besluit te neem nie.
Budlender beweer daar word “beskerming” van Suid-Afrikaners weggeneem, want die strafhof is glo ‘n veiligheidsnet teen menseregte-oortredings.
Soos alle voorstanders van sogenaamde “menseregte” in Suid-Afrika, het Budlender klaarblyklik ook nog nooit verneem van plaasmoorde, verkragtings en misdaad in die land waar hy self woon nie en sal hy ook nie kan verklaar wat die nuttelose hof gedoen het intussen om dit te voorkom nie.
Die groep voer aan dat die kabinet nie by magte is om sodanige beluit te neem nie en dat die kwessie in die parlement bespreek moet word, wat hoogstens neerkom op ‘n duur vertragingstaktiek.
President Jacob Zuma en die ministers van Justisie en van Internasionale Betrekkinge sal vandag in die hooggeregshof in Pretoria betoog dat die regering se besluit om hom aan die Internasionale Strafhof te onttrek, wettig en grondwetlik is.