Potgooi: Joernaliste vrees nou die gewone man

Dan en Karin Roodt oor die invloed wat joernaliste en die hoofstroommedia besig is om te verloor. In 1967 het Brian Bunting van die SA Kommunisteparty (regs op die swart-en-wit foto, saam met Joe Slovo) voorspel dat Afrikaners die onderspit teen die Engelse koerante sou delf vanweë hul groter sirkulasie, maar vandag gebeur die teenoorgestelde want die VSA se alternatiewe media beïnvloed Afrikaners en Suid-Afrikaners om meer reaksionêr en behoudend te raak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.