Oostenrykse verkiesing ontaard in getier oor honde

Deel op

Oostenryk se berugste boorling, Adolf Hitler, se naam word selde in sy geboorteland genoem. Dit het dus as ‘n skok vir vele gekom toe ‘n presidentskandidaat, Alexander van der Bellen, tydens ‘n onlangse TV-debat na ‘n lêer gereik en twee foto’s van “der Fuehrer” te voorskyn gebring het.

Van den Bellen het sy teenstander, die nasionalis Norbert Höfer in die presidentsverkiesing verslaan met ‘n vreesveltog en plakkate waarop hy homself as ‘n ware Oostenryker voordoen met sy honde in die natuur.

Die voormalige leier van die Groen-party het gekla oor ‘n onlangse boodskap op Facebook waarin ‘n veldtogfoto van hom wat met sy hond stap teenoor ‘n foto van Hitler wat met sy Duitse herdershond by die Nazi-leier se vakansiehuis stap, gepubliseer is.

“Vind jy dit in orde?” wou Van der Bellen van sy opponent, Norbert Höfer van die regse Vryheidsparty (FPÖ) weet. Hy het daarop gewys dat een van die FPÖ se amptenare die foto op Facebook gedeel het.

Höfer, wat die boodskap as “afskuwelik” bestempel het, het self gekla omdat sy veldtogplakkate met swastikas en Hitler-styl snorre geskend word.

Höfer se verdediging teen die Groenes se aantygings het hom die verkiesing gekos.

‘n Groen distriksraadslid Sabine Beck van die 8ste distrik van Wene het op haar Facebook-album ‘n vergelyking tussen die FPÖ-voorsitter HC Strache en Adolf Hitler getref. Dit het Van der Bellen egter nie gepla dat een van sy party se lede hiermee besig is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.