Petrolprys daal, maar voordeel gaan aan joggies, handelaars

Deel op

Die petrolprys daal van eerskomende Woensdag af met 20 sent per liter, en sal voortaan R12,37 aan die kus en R12,85 in die binneland kos. Maar volgens die ekonoom Cees Bruggemans, moes die prys eintlik met 40 sent gedaal het. Die grootste deel van die voordeel word egter nie aan die verbruiker deurgegee nie, maar aan petroljoggies wat ‘n salarisverhoging van 10% ontvang het, asook aan handelaars en groothandelaars wat voortaan ‘n groter wins vanaf motoriste sal verhaal.

Bruggemans het vanoggend getwiet:

Die prys van petroleumgas sal met 17 sent per kilogram daal.

Die grootste deel van die daling kan aan die swakker internasionale olieprys toegeskryf word, en nie aan die sterker rand van die afgelope paar dae nie. Die rand het teen die dollar en vernaamste geldeenhede versterk toe dit bekend geraak het dat Suid-Afrika se staatskuld nie dadelik tot rommelstatus deur Standard & Poor verlaag gaan word nie.

Benewens die salarisverhoging aan petroljoggies van 10% — in alle ontwikkelde lande gooi motoriste self petrol in en dus is petroljoggies eintlik ‘n oorbodige luukse in Suid-Afrika — gaan vulstasie-eienaars 4,9 sent per liter meer aan winsmarge ontvang. Groothandelaars verkry egter die leeue-aandeel met ‘n verhoging van 15,2 sent per liter petrol en 5,9 sent per liter diesel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.