Swaar gewapende vulstasie-rowers gesoek

Deel op

Die polisie op Parys soek na vyf swart swaar gewapende verdagtes wat vermoedelik hierdie week by twee vulstasies op die N1-snelweg buite die dorp toegeslaan het.

Polisiewoordvoerder Sinah Mpakane sê twee van die mans, altwee met vuurwapens, het vermoedelik Vrydag tussen 02:00 en 02:15 by die eerste winkel van die vulstasie ingestorm en die werknemers gedreig om na die agterkant van die winkel te gaan.

Sy sê vyftien minute later is presies dieselfde modus operandi gevolg toe die booswigte by die tweede vulstasie, net oorkant die pad, toegeslaan het.

Mpakane sê die booswigte het toegang tot draagbare kluise gekry by altwee winkels en met ‘n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan.

“Die twee rowers wat in die winkel ingekom het, was onderskeidelik gewapen met ‘n haelgeweer en pistool. Niemand is beseer nie en hulle het met ‘n silwer Mercedes Benz sonder nommerplate op die vlug geslaan. Die ondersoek duur voort,” sê Mpakane.

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.