Sewe swart verdagtes vas vir steekmoord

Deel op

Sewe swart verdagtes, tussen die ouderdomme van 17 en 29 jaar, sal na verwagting môre in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn ná die wrede moord op ‘n 45-jarige man vandeesweek.

Polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane, sê die vrou van die vemoorde Whittey Jameson het Maandag om 20:00 van die werk af by hul huis in Bloemspruit aangekom en op die lyk van haar man afgekom.

Jameson se lyk was vol steekwonde en hy was reeds oorlede volgens Mpakane. Sy sê Jameson se klere, skoene, selfoon, skootrekenaar, en tablet is in die proses gesteel.

Mpakane sê die booswigte is Vrydag by Bloemspruit vasgetrek, steeds in besit van die gesteelde goedere.

Die verdagtes sal na verwagting môre in die hof op klagtes van moord, die besit van gesteelde goedere en gewapende roof verskyn.

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.