ANC se landsbestuur stort in duie – HNP

Deel op

Die eerste politieke party wat reageer op die nuwe elektrisiteitskrisis is die HNP. Volgens mnr. Louis van der Schyff, hoofsekretaris, "is die ANC se landsbestuur besig om in duie te stort".

Deel op

Hier volg sy volledige verklaring: "Die Koeberg kragsentrale in Kaapstad het vir die tweede keer in ‘n betreklike kort tydperk gesorg dat die land in ‘n elektriese krisis sit.  Bronne in die kragsentrale berig dat daar ‘n ontploffing was wat sy turbines tot stilstand laat knars het.  Feitlik onmiddellik is groot gebiede in die Wes-Kaap sonder krag gelaat, terwyl die effek daarvan in die res van die land ook gevoel word, selfs in die hoofstad waar buitelandse missies waarskynlik op hierdie wyse eerstehands kan voel hoe basiese dienslewering onder die ANC werk.

Die elektrisiteitsprobleme word al hoe groter, en probleme word al hoe korter op mekaar gevoel.  Ons kan ons net indink hoe dit gaan lyk teen 2010."

Die HNP blameer restellende aksie en transformasie vir die elektrisiteitskris en het voorts gesê: "Dit word met die dag al meer duidelik dat die ANC-regime nie kan regeer en nie kan bestuur nie.  Hy kan nie daaglikse dienslewering aan die gang hou nie.  Nou word die wrange vrugte voelbaar gepluk van sy beleid om bekwame blankes te vervang met onbekwame Swartes — net omdat hulle swart is.

Ons hoop dat die ambassades en konsulate wat in die land is en hierdie wantoestande nou byna daagliks begin voel, hulle regerings daaroor gaan inlig.   Maar dit word al hoe meer duidelik dat, ten spyte van al die ander faktore wat ‘n rol speel, geen wêreldbekersokkertoernooi aangebied kan word as daar nie eens ‘n waarborg is dat die stadions se liggies kan brand nie."

жилета для девочкилобановский александр отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.