FW de Klerk bring hulde aan Fidel Castro

Oudpresident FW de Klerk het vandeesweek hulde aan die afgestorwe Kubaanse leier, Fidel Castro, gebring. “Fidel het oor ‘n ongewone charisma beskik wat ‘n groot uitwerking op sy land en op die wêreldgeskiedenis gehad het. Ons in Suid-Afrika kan ook dankbaar wees dat hy in Angola ingegryp en gehelp het om ‘n einde aan die Grensoorlog te maak.”

De Klerk het ‘n huldigingsdiens aan Castro van die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty in Khayelitsha bygewoon en het persoonlik ‘n ruiker voor ‘n reusefoto van die Kubaanse revolusionêr gelê. Die onderleier van die ANC, Cyril Ramaphosa, het tydens sy toespraak ter ere van Fidel Castro gesê:

“Ons eer hom, want hy was vreesloos, hy was dapper, hy was beginselvas, hy was gedissiplineer. En as ons aan sy lewe dink, dan begin ons ons ook ‘n ander ikoon verbeel wat ons in ons eie lewens gehad het, en dis Nelson Mandela.”

Die voorsitster van die ANC-vroueliga het tydens haar toespraak gesê: “Ons het gekom om vandag te sê: Dankie aan kameraad Fidel, die regte El Commandante. Ons het gekom om vandag dankie te sê aan die vrywilligers wat bygedra het om ons kamerade by Cuito Canavale te verdedig.”

Mnr. De Klerk het agterna teenoor joernaliste om verskoning gevra dat Suid-Afrika ooit weerstand teen Kuba in Angola gebied het en het PW Botha daarvoor geblameer. “Dit was sinneloos van ons om ‘n groot man, ‘n wêreldleier soos Fidel teen te gaan,” het FW de Klerk gesê. “Dis jammer dat ons nie al die bevrydingsbewegings reeds in die sestigerjare toegelaat het om Suider-Afrika te regeer nie, net ná die Kubaanse revolusie. Uiteindelik het die MPLA, SWAPO, ZANU PF en die ANC in elk geval getriomfeer. Maar ons moes rekening hou met die regses. Dit was die probleem.”

Mnr. De Klerk het hom ook oor die presidentsverkiesing in Amerika uitgelaat en gesê: “Trump moes nooit toegelaat gewees het om hom verkiesbaar te stel nie. Hy is ‘n regse en ‘n rassis. In ons land sou hy lankal agter tralies gewees het, met sy uitsprake. Dit is so jammer dat mev. Clinton nie gewen het nie.”

Volgens mnr. De Klerk het Fidel Castro hom vir gelykheid, versoening en nasiebou beywer, drie ideale wat hom en sy Stigting na aan die hart lê. “Ons het nog ‘n pad om te stap om by ‘n verenigde nasie uit te kom waarin almal soos in Kuba gelyk sal wees. ‘n Revolusie is nodig, dis die les wat Fidel ons geleer het. Ek verootmoedig my voor sy groot gees.”

Ook mnr. Roelf Meyer, wat in die vroeë negentigerjare saam met Cyril Ramaphosa vir Suid-Afrika ‘n nuwe grondwet onderhandel het, het hulde aan Fidel Castro gebring. “Ek kan nie meer met my vriend Cyril saamstem nie, het hy gesê. “Fidel was soos Mandela: ‘n revolusionêr wat nie geskroom het om geweld te gebruik nie, maar terselfdertyd vrede gemaak het as dit die geskikte strategie was. Ek is trots daarop dat die Nasionale Party Namibië aan Fidel Castro en SWAPO kon oorhandig; dit was destyds die logiese ding om te doen.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • JESSEJAMES

    FW is absoluut ‘n kommunis!

    • Matt Heyns

      Daai gesig laat my kots.

  • Gas

    Daar is maar net één verklaring vir De Klerk se “bewondering” vir Castro. Hy en Castro het al die jare dieselfde hanteerders gehad: http://www.veteranstoday.com/2

  • Nico Strydom

    Weereens ‘n bevestiging dat hulle veraaiers was. Ja, ook Suid-Wes het die NP verkoop. Ons was op die punt om Castro te verslaan. Net voordat ons Luanda sou binneval, het hulle ons ontrek.Toe ek ‘n verduideliking daarvan vra aan Pik Botha op ‘n politieke vergadering, was ek deur sy mafia lede verwyder SONDER dat hy my geantwoord het.

  • Antonie Geyser

    die kubane het alles weggedra wat hulle kon, en betreffende D.T. ek het nie die idee dat hy n rassis is nie, ek dink hy het n trots in homself en in sy gemeenskap en land

  • Gas

    Ek sou glo
    elke bevelvoerder, elke manskap
    wat onder De Klerk op enige wyse hoegenaamd in Suidwes-Afrika en Angola
    teen Castro se Kubaanse magte ontplooi is
    onder die voorwendsel dan hulle is in ‘n gewapende stryd teen ‘n doodsvyand gewikkel,
    het ná hierdie uitlatings van De Klerk
    die volste reg om hom aan te tree en te sê
    jy het ons onder bedrieglike oogmerke misbruik,
    was ons lewens en ons welwese vir jou dan g’n duit werd nie.
    Ek sou glo ook naasbestaandes van hulle wat in hierdie vals oorlog dan deur De Klerk (onder sy opperbevel) ontplooi is,
    mag dit ook doen.

  • henkst

    FW het hom vrek geskrik vir rooiworsie wat hom in die tronk wil stop, nou soek hy witvoetjie.

  • Inconvenient Truth
  • WhiteOak

    Ek is die laaste een om die veraaier te verdedig maar waar kom die storie vandaan…ek kry geen verwysing daarna nie.

  • boerseun

    De Klerk is of ‘n groter liberalis en kas-kommunis as wat ek ooit kon insien, of hy het nou op sy oudag – met die graf in sig – heeltemaal kens geword. Ek sien Blade van die SAKP het in Kuba ook teruggeval op die valse ANC-propaganda dat die SAW verslaan is by Quito in Angola. Glo hulle dit regtig?

  • skobbejak

    As jy nou n pseudo boer en n pierewaaier liberalis meng – dan kry jy n de klerkie * Hoe jammer vir my Volk dat ons so n klomp swakkes gehad het as leiers.

  • Karel Combrinck

    Ek vind dit moeilik om te glo dat die berig waar is. Julle trek seker maar net ons been. As dit waar is, bewys De Klerk ons eintlik ‘n guns, nl. dat hy meehelp om leiers soos mnr Trump te laat sien waarmee ons werklik hier te make het.

  • Suidpunt

    Aai, Skoppensboer, jou lawwe, satiriese kaartman. Jy is weer op jou stukke… Jy skryf wat ons WIL hoor…

    • Gas

      Dis nie waar nie. Ek het nog altyd gedink die enigste vals ding aan De Klerk is sy tande. Toe lees ek die berig op Praag.

  • Vicky

    Dit is n goeie ding. Die blanke sal met FW en sy soort doen wat Castro met sy vyande gedoen het. Ons het nou n groen lig vanaf die Nobel wenner homself.

  • Avner Eliyahu Romm
  • Gas

    Ek plaas ‘n aanhaling uit ‘n ander bron oor ook die waardevolle verwysings daarin:
    “I recommend the late Prof. Antony Sutton work ‘THE BEST ENEMY MONEY CAN BUY’. I quote him: ‘ As succinctly stated by Congressman William L. Dickinson (July 1985), ‘These Cuban troops are protecting American oil interests and they are preventing UNITA from overrunning the MPLA.’.

    “So, simultaneously:

    – one million of Portuguese citizens is deprived of everything by communists;
    – Chevron is protected by the same communists;
    – Fidel Castro’s troops help the communists that help Chevron.”

  • flippie van dyk

    So die ou jakkals is sedert sy jong u eintlik ‘ n bewonderaar van kommunisme. Maar omdat hy ‘n geelgat is was hy te lafhartig om sy ware kleure te wys – te bang vir die regses! Nogal!

    Is ons werklik grens toe gestuur deur ‘n regering wat ons nie in die stryd ondersteun het nie. Wat eintlik gehoop het sy eie magte word verpletter deur die vyhand vir wie hulle eintlik ‘n heldeverering gehad het.

    Nee sies! FW de Klerk en sy medekabinetslede is niks anders as volksverraaiers nie. Die Boervolk moet hulle vang, vervog en teteg te stel. Die nageslagvan die addergebroedsel moet ook mee plan gemaak word.

    • Kalium_Chloraat

      Dis hoekom hy pienk is – te geel om rooi te wees.

  • Rooikop

    Ek haal ky tarrentaal aan: ” Gaan vrek de …….”(herhaal 100x). Hoe het hierdie ou ooit ons president geword? Die eerste voorwaarde vir daardie taak is dat jy jou land en sy mense liefhet en eerste stel. G’n wonder hy haat Trump nie.

  • Kalium_Chloraat

    As hy dit gesê het is dit ‘n 2-vinger saluut aan die SAW personeel wat op die grens was en die wie daar omgekom het. Wel dan ‘n groot streepsak vol toffies vir Pienk Frikkie.

    • Elephant in the room

      Die artikel is ‘n powere poging tot ‘satire’

      • Willem

        Power?
        En almal val soos ‘n sak patats daarvoor..?
        Dit is die idee van satire 😉

        • Elephant in the room

          Die feit dat die meeste mense op dié forum nie snap dat dit satire is nie sê meer van hulle intelligensie as wat dit iets van die artikel sê , dit is nou maar so dat ‘n mens nie satire aan iemand kan verduidelik nie , of jy snap dit of jy snap dit nie !

          • Kalium_Chloraat

            Satire is wanneer iemand se sondes en tekortkominge op ‘n humoristiese wyse aangeval word. Lees Terry Pratchett vir ‘n goeie opvoeding daarin. Die stelling wat gemaak was is waar of vals. Dit is geen satire nie. ‘n Sak toffies vir jou ook.

          • Willem

            Ek neem dan aan jy was ‘n groot ondersteuner van mnr. de Klerk met sy grootmoedige oordrag van die staatsmag, wat eties onverdedigbaar vasgehou is deur die wit minderheid, om uiteindelik SA in ‘n nuwe volle demokratiese bedeling in te lei?
            Hoeveel dank is ons, (wat minder intelligent is..) en ons nageslag, nie aan julle en mnr. de Klerk verskuldig nie.

  • DaneelF

    Wat ‘n klap in die gesig van die RSA weermagmanne wat in Angola teen die Kubane van Fidel Castro geveg het! Dat die ANC Castro as ‘n held vereer, is verstaanbaar want een persoon se terroris is ‘n ander se vryheidsvegter. Ek wonder of mnr De Klerk so dapper sou wees om sy toespraak voor die meer as ‘n miljoen uitgeweke Kubane in Florida te herhaal? Vir sy eie mense was Castro niks minder as ‘n genadelose moordenaar nie. ‘n Mens wonder of mnr De Klerk ooit daaroor gewonder het waarom daar tussen 10 en 20 % van Kuba se bevolking hulleself in Florida bevind. Hy beweer: “Ons het nog ‘n pad om te stap om by ‘n verenigde nasie uit te kom waarin almal soos in Kuba gelyk sal wees”. Mnr De Klerk u het gn idee waarvan u praat nie. Dieselfde geld vir die uitlatings van liggewig Roelf Meyer. Ten opsigte van die snert wat De Klerk oor Donald Trump se verkiesing kwytraak – jy weet dus beter as die meer as 60 miljoen Amerikaners wat pas vir hom gestem het, mnr De Klerk? Verder – “Trump moes nooit toegelaat gewees het om hom verkiesbaar te stel nie. Hy is ‘n regse en ‘n rassis. In ons land sou hy lankal agter tralies gewees het, met sy uitsprake.” Wat dan nou van jou en Roelfie se kameraad, Julius Malema, F.W.?

    • skobbejak

      Het van sy vertrouelinge geken – as ons maar net vroeer dit bekend kon maak – die verraad is geweldig gesmee agter ons volk se rue. Die Bliksem ! Tipiese Afrikaner Establishment is hy.

  • Bemoerd

    Die is die grootste pot snot wat ek nog die jaar gelees het. Sies julle.

  • Karel Combrinck

    Skoppensboer se stuk is duidelik ‘n karikatuur. Dus nie om letterlik kop toe te vat nie. Maar soos alle karikature bevat dit ‘n element van waarheid. Die element van waarheid hier is dat die De Klerk regime boedel oorgegee het het aan ‘n halfkommunistiese terroristebende waarteen jong Afrikaners jare lank geveg het.

    • Kalium_Chloraat

      Die besondere stelling is nie deel van ‘n karikatuur as dit nie waar is nie. Dan moet dit liewer nie gedoen word nie.

  • Fork

    Ek kan regtig nie glo dat die ou nog sulke aanmerkings maak nie.
    As ek hy is (asook die res van sy groep), sal ek my goed vat en iewers gaan bly waar niemand my ken nie.
    Ek sal elke dag bid om vergewe te word vir wat ek gedoen het. En hoop God vergewe my.
    Die ou en sy maters moet aangekla word volksmoord.
    Ek blameer hulle vir elke wit persoon se moord in SA.
    En ek glo nog dat FW sy vrou laat vermoor het.

  • Mattewis Kat

    ‘n Koninkryk teen homself verdeeld sal nie staande bly nie! Hoe sal hierdie kind van Satan dan die goeie aanhang? Hy het immers willens en wetens bykans eiehandig hierdie land aan gewelddadige dienaars van afgode oorhandig, waarvan die huidige moord-en-doodslag vrug van hulle goddeloosheid baie goed getuig. Dis slegs sy boeties (Koos Bekker et. al.) wat saam met hom in die hel se koor lofsange sing oor ‘n utopia wat nie bestaan nie. Buitelandse (nie-hoofstroom) media dryf selfs die spot met die vlakke van misdaad en die hopeloos onkapabelheid van die regeringshoof.

  • Riaan Slabbert

    Kan iemand my asb help om kontak te maak met daai mense van “reachforadream”? Sal hulle my kan help om een nag alen saam met effie de vark in n enkelsel deur te bring…???

  • boerie

    FW en kie moet deur ‘n vuurpeloton terreggestel word, hy en die ou NP het hoogverraad teenoor hul eie mense gepleeg. Nie net soldate nie, maar talle burgerlikes in ou SA is vermoor deur MK terroriste wat hy die lof so besing. Die woorde van Cyril Meyer wys wat ‘n uitverkoper en hensopper hy is: “Ook mnr. Roelf Meyer, wat in die vroeë negentigerjare saam met Cyril Ramaphosa vir Suid-Afrika ‘n nuwe grondwet onderhandel het, het hulde aan Fidel Castro gebring. “Ek kan nie meer met my vriend Cyril saamstem nie, het hy gesê. “Fidel was soos Mandela: ‘n revolusionêr wat nie geskroom het om geweld te gebruik nie, maar terselfdertyd vrede gemaak het as dit die geskikte strategie was. Ek is trots daarop dat die Nasionale Party Namibië aan Fidel Castro en SWAPO kon oorhandig; dit was destyds die logiese ding om te doen.” Die regses was ook nie die probleem nie FW jy en die NP se verraad vanaf die tagtigerjare af was die probleem-ek hoop regverdigheid sal seëvier as julle verantwoording moet doen vir al die wittes se bloed wat die afgelope 22 jaar vloei in SA.

  • Verkenner

    Ons probleem in die land was nog altyd die vyande binne die grense, die ander kon ons gou meer klaarspeel. Die klomp is nie meer skaam oor hoe hul die land uitverkoop het nie! Mag hulle nog lank lewe…ja lank lewe vir die oordele wat oor hierdie land kom, fw,pik,roelf ens.

  • Jared van Niekerk

    Dis satire, mense! Miskien moes die stuk bo ‘n “disclaimer” gedra het…

    Seker ook een van die laaste stukke satire wat ons te lese gaan kry, as die ANC se nuwe wetgewing in werking kom, wat jou gaan verbied om terroris-gotte te spot.

  • Die Boere-Afrikaner Volksraad se VVK gesant, Paul Kruger, het pas die 325 bladsy “Memorandum by the Volksraad to the international community” beskikbaar gestel vir bestelling deur Chantal by die VVK se webwerf. Hulle lewer by die voordeur af. Die dokument is waardevol om perspektief te help verleen aan blinde yuppies en Kerkstraatbomverskrikde, kerk-begogelde, dienstevervreemde en mekaar-verriniwerende of nuwe-geslag-boomrokende landsburgers en volksgenote. In die memorandum word “Apartheid” en die blanke Boere-Afrikanerselfbeskikkingsideaal weer in perspektief voor die internasionale gemeenskap gebring. Ek sou dit aanbeveel sodat o.a. FW, Roelfie, Madiba en Fidel in die ware en kokkerot-verjaagende lig bejeen kan word.

    • Witkop

      Dit is ‘n jammerte dat PRAAG so ‘n artikel sonder kanttekening geplaas het. (Jared van Niekerk sê ook al iets soortgelyks.) Dit is duidelik dat baie lesers dit vir die waarheid gelees het ! Om dan lesers se intelligensie in twyfel te trek (Elephant in the room) maak aan hierdie feit geen verskil nie.

      Die geloofwaardigheid van PRAAG is hierdeur beskadig en mense is met ‘n onwaarheid uitgelok om dinge te sê wat hulle andersins nie sou gesê het nie (van Matt Heyns tot en met Riaan Slabbert). Elephant vat die artikel wel raak saam as ‘n “powere poging tot satire”. Karel Combrinck twyfel aanvanklik ook: “Ek vind dit moeilik om te glo dat die berig waar is … As dit waar is …” maar noem dit later “duidelik ‘n karikatuur”. White Oak is een van die min lesers wat koeltjies opmerk: “maar waar kom die storie vandaan…ek kry geen verwysing daarna nie”. Kalium_Chloraat twyfel ook: “As hy dit gesê het …”, maar probeer darem wel ‘n bietjie objektiwiteit in die gesprek te kry: “Lees Terry Pratchett … “. Die mees onbevange maar wel rake kommentaar kom van Bemoerd (so ‘n 7 of 8 stukkies van Jared van Niekerk af). Lees maar self.
      ‘n Ander nare gevolg van die “powere poging” is dat mense dit in e-posberigte die wêreld instuur met Dan Roodt se naam daarby (want Skoppensboer is nie ‘n herkenbare naam nie).
      Skoppensboer, neem ‘n paar minute vry en gaan dink ‘n klein bietjie na. Jy veroorsaak skade. Redaksie, neem ‘n paar uur vry, neem ‘n paar koppies sterk koffie saam en probeer wakker te word!