Hof verbied swart pastoor om sy gemeentelede met ‘Doom’ te bespuit

Deel op

‘n Swart Suid-Afrikaanse pastoor wat sy gemeentelede met “Doom” bespuit het om hulle op bonatuurlike wyse van hul siektes te genees, is deur die hof verbied om daarmee voort te gaan, hangende ‘n hofsaak wat aanstaande maand in Limpopo aangehoor sal word.

Lethebo Rabalago het nasionale en internasionale bekendheid verwerf met sy onortodokse genesing van gemeentelede, wat nietemin nie veel verskil van metodes wat toordokters met die volle ondersteuning van die parlement elders in die land aanwend nie.

Volgens ‘n radio-onderhoud het Rabalago gesê dat God modder, speeksel en “selfs giftige dinge kan gebruik om mense te verlos”.

Derick Kganyago, ‘n woordvoerder van Limpopo se departement van gesondheid, het gesê dat die provinsiale regering ‘n hofbevel teen Rabalago verkry het “totdat hy in Januarie in die hof verskyn. Doom is nie geskik vir menslike gebruik nie.”

In 2014 het ‘n ander swart Suid-Afrikaanse lekeprediker in Pretoria dosyne lede van sy gemeente aangemoedig om gras te eet om gesond te word. In 2015 het dieselfde swart predikant sy gemeentelede aangesê om petrol te drink aangesien dit hulle van kwale sal genees.

In dié stadium het ‘n TV-kanaal berig dat gemeentelede wat petrol gedrink het, gesien is waar hulle flou word of op die vloer rondrol met simptome van naarheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.