RSG steeds sewende grootste radiostasie in SA

Deel op

In weerwil van die onderdrukking van Afrikaans deur die ANC-bewind en die demografiese wegkwyning van Afrikaners, handhaaf die Afrikaanse stasie RSG steeds ‘n beduidende getal luisteraars wat dit die sewende grootste radiostasie in die land maak. Uit syfers wat so pas deur die Uitsaairaad bekendgemaak is, blyk dit dat RSG oor byna 1,5 miljoen weeklikse luisteraars beskik.

Die toptien radiostasies in die land vanaf Januarie tot September 2016 is volgens die Uitsaairaad se syfers die volgende:

1. Ukhozi FM – 7 294 000

2. Umhlobo Wenene FM – 5 208 000

3. Metro FM – 3 968 000

4. Lesedi FM – 3 440 000

5. Thobela FM – 2 819 000

6. Motsweding FM – 2 640 000

7. RSG – 1 488 000

8. Gagasi FM – 1 408 000

9. Jacaranda FM – 1 325 000

10. Ikwekwezi FM – 1 294 000

Vanaf Januarie tot September is ‘n steekproef gedoen ten opsigte van 23 329 huishoudings, wat 53 396 individue verteenwoordig. Die nasionale steekproef is geneem uit die volwasse bevolking van inwoners in Suid-Afrika van ongeveer 38 miljoen mense.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.