Trevor Noah die grapjas nou ‘n anti-wit propagandis

Tomi Lahren en Trevor Noah
Deel op

Die Suid-Afrikaanse grapjas Trevor Noah wat tans die Daily Show-program in die VSA aanbied, het “getransformeer” in ‘n anti-wit propagandis. Noah het so pas probeer om  die jong, konserwatiewe videokommentator Tomi Lahren vanaf Texas op sy program te verneder omdat sy blank is en haar onregstreeks daarvan beskuldig dat sy ‘n rassis is.

Die video, wat aanvanklik nie in Suid-Afrika sigbaar was nie omdat die uitsaaier in die VSA dit buite die land versper, is intussen op YouTube gelaai en deur IOL aangekondig as ‘n “groot oorwinning vir Trevor Noah”:

Trevor owns her in the interview, calling her out for her contradictory statements and flawed point of view.

Ten spyte van die kwade wil waarmee Noah die jong blonde Texaan benader, asook die rassekaart wat hy aanmekaar teenoor haar speel, kwyt sy haar baie goed van haar taak, soos elke leser wat daarna kyk self kan besluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.