ANC se ‘Castro-besingende’ SANW laat soldate sonder kos

Deel op

Suid-Afrika se huidige weermag, wat meesal deur oud-Umkhonto-offisiere gelei word, het ‘n hofsaak vermy deur noodrantsoene voedsel aan drie weermagbasisse te verskaf waar soldate begin honger ly het.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-vakbond het die weermag tot Woensdag tyd gegee om sy versoek terug te trek dat soldate in Zeerust, Middelburg en Mafikeng huis toe gestuur word omdat hul kos opgeraak het.

Ter elfder ure het die twee partye in die hofaansoek egter ‘n ooreenkoms bereik met die SANW wat besluit het om voedselvoorrade aan die betrokke basisse te stuur.

Die sekretaris van die SANW-vakbond, Pikkie Greeff, het Dinsdag ‘n afskrif van ‘n finale aanmaning aan die weermag op sy Twitter geplaas. Die brief is aan die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, asook aan die weermaghoof genl. Solly Shoke, die verdedigingsekretaris, Sam Gulube en bevelvoerders van die betrokke basisse gestuur.

Woensdag het Greeff verklaar dat die vakbond se regslui besig was om met die weermag te onderhandel om die kwessie op te los, hangende ‘n hofaansoek wou sou volg.

Hy het egter later getwiet:

In die aanmaningsbrief sê die vakbond dat die SANW verplig is om “afdoende rantsoene” aan die betrokke soldate te verskaf.

In ‘n verdere twiet het Greeff die ANC-bewind kwalik geneem dat hulle Kuba toe vlieg om hulde aan Fidel Castro te bring, maar nie na hul eie soldate omsien nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.