Politieke partye striem SAUK-raadsvoorsitter

Deel op

Die hoofswepe van die ANC en die DA het ‘n striemende aanval gedoen op die SAUK-raadsvoorsitter, Mbulaheni Maghuve se regsverteenwoordiger en sy hofaansoek teen die ad hoc-komitee wat die SAUK moet ondersoek. Maghuve doen aansoek dat die werksaamhede van die komitee opgeskort word weens beweerde vooroordeel. Die DA se hoofsweep, John Steenhuisen het in ‘n vergadering van die parlement se programkomitee gesê die gehalte van die hofstukke is skokkend. Steenhuisen sê daar kan nie ‘n situasie wees waar eksterne partye aan die parlement wil voorskryf hoe en wanneer hulle aanspreeklik gehou kan word nie.

Die ANC se hoofsweep, Jackson Mthembu sê die hofaansoek deur Maghuve is ligsinnig en dat die komitee moes voortgaan met die ondersoek na die SAUK, hangende die uitspraak in die hofaansoek. Mthembu sê hy kan nie sien dat die aansoek sal slaag nie. Hy het gevra dat parlementêre prosesse in die toekoms nie deur flou hofaansoeke vertraag word nie. – RSG en ander bronne

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.