Ramaphosa, Media24 bring hulde aan kommunistiese Fidel Castro

Twee "beginselvaste en vreeslose" kommunistiese leiers, Nelson Mandela en Fidel Castro

Sowel Media24 as Cyril Ramaphosa, die ANC-politikus wat deur die Suid-Afrikaanse oligargie gesteun word om Zuma te vervang, het gister hulde aan die ontslape Kubaanse leier Fidel Castro gebring. News24, wat deesdae onder redaksie van die linkse Boerehater Adriaan Basson staan, het ‘n lowende berig oor Castro en Ramaphosa se hagiografie aan die kommunistiese revolusionêr geplaas.

Volgens Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika behoefte aan “beginselvaste en vreeslose” leiers soos Castro en Nelson Mandela. Hy was diep bedroef om hulde te bring aan “een van die grootste revolusionêre van ons tyd”, het Ramaphosa gesê.

Die linkse hoofstroommedia van Suid-Afrika, waaronder Media24, maar ook die Primedia-groep wat 702 en Hoëveld besit, het die afgelope paar dae gepopel oor die “Kubaanse oorwinning oor Suid-Afrika in Angola en Namibië”, asook “hoe Castro Suid-Afrika (militêr) bevry het”.

Ramaphosa het Castro gister geprys omdat hy “saam met die revolusionêre bewegings in Angola, Namibië en Suid-Afrika gedurende hul bevrydingsoorloë gestaan het”.

Die swart Suid-Afrikaanse sakeman en politikus het ongeveer 1000 mense in Khayalitsha naby Kaapstad toegespreek tydens ‘n huldigingseremonie aan Fidel Castro.

President Jacob Zuma bevind hom tans in Kuba waar hy insgelyks Castro se rol in die ANC se oorwinning oor die Nasionale Party van Suid-Afrika geloof het.

In ‘n bydrae op die Europese webblad Free West Media, stel Karin Bredenkamp van PRAAG egter die prentjie reg in die artikel Fidel Castro’s bitter legacy in Angola.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.