Hillary en Jill Stein span saam om verkiesing te steel

Deel op

Ondersteuners van die nuutverkose Republikeinse president, Donald Trump, is bekommerd dat die Groen Party en Hillary Clinton gaan saamspan om die Amerikaanse verkiesing te steel.

NUUT!

Geen bewys van enige ongerymdhede is gevind nie, maar die Stein-veldtog argumenteer hulle bekommer oor ongerymdhede.

“Dit is nie gedoen om ‘n kandidaat te bevoordeel ten koste van die ander nie,” het Stein aan PBS gesê. Maar Stein wil net die deelstate oortel waar Trump gewen het.

Hillary het New Hampshire, Minnesota en Nevada met minder stemme as Trump gewen in Pennsylvania, maar daar sal geen oortel in een van die drie state wees nie.

As dit wel ‘n regverdige en onpartydige poging was, sou ten minste een van die oortel-pogings in ‘n deelstaat gewees het waar Hillary gewen het, maar dit is nie die geval nie.

Stein se pogings het begin nadat rekenaarwetenskaplikes beweer het daar is onreëlmatighede tussen die elektroniese resultate en die papierstembriewe, met die Clinton-veldtog wat beweer dat die stemmery gekraak is. Maar in die geval van Michigan, is daar nie elektronies gestem nie.

Chris Thomas, die jarelange direkteur van Michigan se Buro vir Verkiesings, het aan die Detroit Free Press gesê. “Niks is verbind met die Internet nie.” Die stemmery kon dus nie gewees het gekraak gewees het soos Stein beweer nie.

Trump het Stein se poging ‘n “bedrogspul deur die Groen Party vir ‘n verkiesing wat reeds toegegee”.

Vrae oor hoe Stein daarin geslaag het om so ‘n groot bedrag geld in te samel om die oortellery af te dwing, het begin gons. Sy het nou meer as $4,7 miljoen dollar in so ‘n kort tydjie ontvang, terwyl sy slegs sowat $3 miljoen dollar vir haar hele veldtog kon insamel.

Vermoedens oor die wettigheid en tydsberekening van die skenkings het tot bewerings gelei van George Soros se hulp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.