Marokkaanse TV gee grimeerwenke om gesinsgeweld verberg

Deel op

Die Marokkaanse staatstelevisienetwerk het opslae gemaak nadat hulle raad aangebied het oor hoe vroue beserings kan toesmeer om tekens van huishoudelike geweld weg te steek.

In die segment, uitgesaai op kanaal 2M se oggendprogram Sabahiyat, het die grimeerkunstenaar Lilia Mouline verduidelik hoe grimering gebruik kan word om “spore van geweld te kamoefleer”.

Verskeie “skoonheidswenke” is gegee aan ‘n vrou met ‘n gesig vol kneusplekke om haar oë.

“Ons hoop dat hierdie skoonheidswenke help om met jou normale lewe voort te gaan,” het Mouline tydens die segment gesê.

Die raad is uitgesaai twee dae voor die Internasionale Dag van die Verenigde Nasies se 23 November datum vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue.

Mouline het oor die beste produkte gesels om die tekens van ‘n pimpel-en-pers gade te verdoesel.

“Maak seker dat jy los poeier gebruik om die grimering af te rond, so as jy moet werk gedurende die dag, dat die kneusplekke nie wys nie,” het sy gesê. “Gebruik ‘n basis met geel daarin, want as jy die wit een gebruik, sal jou rooi merke waar jy geslaan is, altyd wys.”

Die Marokkaanse TV het erken dat die insetsel “heeltemal onvanpas” was. Honderde vroue het ‘n petisie wat hul verontwaardiging wys, onderteken.

Maar ‘n verskoning gepos aan Facebook, is met nog honderde klagtes oord die segment begroet, wat dit as “veragtelik”, “onprofessioneel” en “skandelik” beskryf het.

Die video is intussen van die stasie se webwerf en sosiale media verwyder. Marokko se nasionale televisiediens 2M het Sondag verklaar dat die uitsending “heeltemal teenstrydig met die redaksionele lyn van die kanaal” is.

Marokko sukkel met gesinsgeweld. In 2009 is bevind deur ‘n nasionale studie dat byna 63 persent van vroue fisiese, seksuele, sielkundige of ekonomiese geweld ervaar, maar baie weier om gesinsgeweld te rapporteer, en kla dat die kwessie nie ernstig deur die polisie opgeneem word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.