Frankryk: Fillon klop mededinger Juppé in ‘regse klimaat’

Deel op

Die voormalige Franse eerste minister, Francois Fillon het Frankryk se sentrum-regse beslissende ronde gewen, deur Bordeaux se burgemeester Alain Juppé te klop.

Net twee weke gelede het meningspeilings getoon dat Juppé, ‘n gematigde, met ‘n gerieflike voorsprong voorloop.

Na ‘n “regse klimaat”, is Fillon aangewys as die voorste hoofstroomkandidaat om FN-leier Marine Le Pen in die presidensiële verkiesing volgende jaar uit te stof.

Gedurende die veldtog, Fillon aan kiesers gesê: “Frankryk is meer regs as wat dit ooit was,” en dat hy die enigste een is wat in staat is om daardie bui te begryp en Frankryk se “ideologiese stryd” te wen.

Fillon het daardeur 66,5 persent van die stemme van byna al die stemlokale getrek, terwyl Juppé agterna gesukkel het met 33,2 persent.

Ten spyte van sy ongewilde plan om werk in openbare sektor in te kort, die welsynstaatuitgawes te besnoei, asook belasting vir die rykes is Fillon geen Margaret Thatcher nie.

Hy is nie van plan om die staatmaatskappye te privatiseer of aan bande te lê nie.

Fillon het as eerste minister gedien van 2007-2012 onder die ongewilde president Nicolas Sarkozy. Fillon het toe ekonomiese hervorming belowe, maar versuim om te lewer.

Frankryk se hoofstroompartye moet hul benadering tot Le Pen fyn oorweeg, omdat meningspeilings toon sy sal maklik deurdring tot die tweede ronde van die presidensiële verkiesing in Mei.

Die vise-president van die Front National, Florian Philippot, het gister gesê, Fillon het dieselfde resep wat die EU aan Griekeland opgelê het.

“Dit is verskriklik vir die middelklas, vir arm pensioenarisse, en vir die werkersklas, en dit lewer geen ekonomiese prestasie nie,” het Philippot aan die Franse staatstelevisie gesê.

Die mense wat in Sondag se eerste ronde gestem het, verteenwoordig maar ‘n klein deel van die Franse kiesers – sowat 4 miljoen uit ‘n bevolking van sowat 66 miljoen.

Die diep ongewild regerende Franse Sosialistiese Party, sal sy presidensiële kandidaat tydens ‘n primêre ronde in Januarie aanwys.

Francois Hollande is die ongewildste Franse president sedert die Tweede Wêreldoorlog. In ‘n onlangse meningspeiling het hy so laag as 4 persent gekry, volgens die Franse dagblad Le Monde.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.