Die eerste van drie internasionale kredietgraderingsagentskappe sal vandag aankondig of Suid-Afrika afgegradeer word of nie.
Moody’s sal vandag sy besluit aankondig, terwyl Standard and Poors op 2 Desember sy verslag oor die land se kredietgradering vrystel.
Moody’s gradeer Suid-Afrika tans op twee kerwe bokant rommelstatus.
President Jacob Zuma het Woensdag in die parlement gesê dat die land genoeg gedoen het om aan graderingsagentskappe te wys dat hy ekonomiese groei kan bevorder.
Beleggers sê egter die voortslepende binnegevegte in die ANC kan ‘n kredietafgradering tot gevolg hê.
Die land moet sowat 165 miljoen rand leen weens ‘n begrotingstekort, en die koste van lenings kan verdubbel of verdriedubbel indien die land tot rommelstatus afgegradeer word.