Onderwyser vas wat dwelms smous

Deel op

Drie swartes, waaronder ‘n onderwyser van Tweespruit in die Vrystaat, sal Maandag na verwagting aansoek doen om borgtog nadat hulle aangekeer is vir dwelmhandel.

Polisiewoordvoerder, Martin Xuma, sê Daniel Molelle, ‘n plaaslike hoërskoolonderwyser, en sy twee makkers, Mojalefa Mosia en Tshokolo Sekwere, het Maandag in die landdroshof op Excelsior verskyn.

Hulle is verlede Vrydag deur die polisie betrap met altesaam 23 Ndanda-pille ter waarde van R1000. Xuma sê die pille weeg 35-gram. Dit is soortgelyk aan Mandrax gemeng met ander dwelms.

Xuma sê gemeenskapslede het inligting aan die polisie verskaf oor mans wat handel met dwelms dryf. Die polisie het ‘n ondersoek begin.

Gemeenskapslede is gevra om die polisie te ontbied wanneer hulle die verdagtes gewaar. Hy sê die polisie het vinnig gereageer nadat inligting ontvang is van ‘n wit Ford Bantam-bakkie wat deur Molelle bestuur is en in die Dawiesville-gebied naby Tweespruit opgemerk is.

Mosia en Sekwere was ook in die bakkie. Hy sê die polisie het toegeslaan oomblikke nadat die bakkie by ‘n adres in die gebied gestop het.

Hy sê daar is op die pille beslag gelê nadat die bakkie deursoek is.

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.