Duitse Identiteitsbeweging beset balkon van Groenes

Deel op

Die regse identiteitsbeweging het op ‘n balkon geklouter van die Bundesgeschaeftstelle der Grünen, die federale kantore die Groen Party in die middel van Berlyn om ‘n massiewe banier uit te rol wat die party aan die kaak stel.

Die Groenes se teenstrydige houding teenoor Moslem mishandeling van vroue en omarming van Mosleminstroming, ook bekend as “multikulturalisme”, is ontbloot.

Die Berliner Morgenpost berig dat dit nie hul eerste trefslag was nie. In Augustus het die Identiteiters die Brandenburghek beset, en in September het hulle ‘n radio-uitsending deur die RBB met Margot Käßmann en die linkse grootkop-joernalis Jakob Augstein onderbreek.

Saterdag, het ‘n handvol van die lede van die “anti-grondwetlike” beweging op ‘n balkon van die Federale Buro van die Groenes op die plein voor die Neuer Tor in die Mitte van Berlyn verskyn, met ‘n “geskenk” aan die Party: ‘n yslike banier.

Terwyl geel rook van die gebou gedryf het, het die klein groepie die skreiende teenstrydighede van die Groenes ontmasker. Die Groenes predik feminisme en vroueregte maar verwelkom groot vrouehaterhordes onvoorwaardelik.

Die Identiteiters het toegang tot die balkon van die straat verkry deur middel van ‘n leer op 02:30. Simpatiseerders het die klimmers beskerm. Soos met die vorige optrede van die regses, was alles tot in detail georganiseer.

‘n Polisiebeampte het bevestig aan die Morgenpost in die aand dat die balkon bestyg is, slegs vir ‘n paar minute. Die Identiteiters het so vinnig van die toneel verdwyn soos hulle aangekom het, en net die leer en foto’s op Twitter agtergelaat.

Die Identiteitsbeweging het begin in Frankryk, maar het die grens oorgesteek na Duitsland. Dit word sedert Julie 2016 gemonitor deur die Federale Buro vir die beskerming van die Grondwet. “Ons sien in die “Identiteitsbeweging ‘n bewys van sekere beginsels van die vrye demokratiese bestel wat uitgedaag word,” het Hans-Georg Maassen gesê. Maar dit was nie dadelik duidelik waarom hulle “anti-grondwetlik” kan wees nie.

Die beweging is hoofsaaklik teen immigrasie en die bedreiging van Islamisering in Duitsland. Deur guerilla-aksies gebaseer op linkse voorbeelde, wat via sosiale media versprei word, word jong mense in die besonder geteiken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.